Kuifkopduiker
Die Kuifkopduiker (Phalacrocorax coronatus) is 'n endemiese voël wat aan die weskus en suidkus van Suid-Afrika voorkom. Die voël is 54 – 58 cm groot en weeg 680 - 850 g met 'n vlerkspan van 88 - 98 sentimeter. Hulle broei koloniaal op kranse en eilande naby die kus. Die status van die voël is amper-bedreig; daar is slegs 3000 pare oor. Hulle kom in kuswater voor. In Engels staan die voël bekend as Crowned cormorant.
Kuifkopduiker | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Microcarbo |
Spesie: | M. coronatus |
Binomiale naam | |
Microcarbo coronatus (Wahlberg, 1855) | |
Sinonieme | |
Phalacrocorax coronatus |
Sien ook
Bron
- Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011. ISBN 978-1-77007-928-1
- BirdLife International (2008). Phalacrocorax coronatus. 2008 IUBN Rooi Lys van bedreigde spesies. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur 2008. Verkry op 15 November 2009.
Verwysings
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.