Krosidoliet
Krosidoliet (ook krokidoliet) is die naam vir blouasbes. Dit was ook doeksteen genoem in die verlede vanweë die vesels. Dit word onder andere in Suid-Afrika by Kuruman, Pomfret en Marydale gevind. Dit kom ook in Bolivië en by Pilbara in Australië voor.
Krosidoliet word as die gevaarlikste vorm van asbes beskou. In die 1950's is dit vir die filters in Kent Micronite-sigarette gebruik. Dit is ook vantevore vir gasmaskers aangewend. In die middel van die 20ste eeu is bevind dat dit skadelik is vir mense en produksie is gestaak.
Bron
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.