Kroonkiewiet

Die Kroonkiewiet of Gewone kiewiet (Vanellus coronatus) is 'n middelgroot langbeenwaadvoël wat goed by die Suid-Afrikaanse voorstedelike lewe aangepas het. Hulle broei dikwels op besproeide sportvelde en ander uitgestrekte, oop grasgebiede. Die plaaslike naam kiewiet is 'n goeie weergawe van sy roep, wat dikwels in die nag gehoor kan word.

Kroonkiewiet
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
V. coronatus
Binomiale naam
Vanellus coronatus
(Boddaert, 1783)
Sinonieme

Charadrius coronatus (Boddaert, 1783)
Hoplopterus coronatus (Boddaert, 1783)
Stephanibyx coronatus (Boddaert, 1783)

Voorkoms

Die Kroonkiewiet het 'n swart kroon wat met 'n smal wit streep omsoom is. Die lang, rooi bene onderskei dié spesie van ander kiewiete. Onder die vlerke is groot, wit vere, wat tydens sy vlug waargeneem kan word.[1]

Gedrag

Die volwasse voëls is baie beskermend teenoor hul kuikens en eiers en sal rondom 'n indringer neerduik terwyl hulle hul misnoeë luidrugtig en hard met hul 'kiewiet'-skree te kenne gee. Soms hardloop hulle weg van die nes af om die aandag van indringers af te lei.

Nes

Kroonkiewiete maak omtrent geen nes nie, en die eiers word in 'n vlak holtetjie in die grond gelê. Daar word op hul gespikkelde kamoeflering vir beskerming staatgemaak.[1]

Fotogalery

Sien ook

Verwysings

  1. Die Suid-Afrikaanse voëlgids (4de uitgawe), John Sinclair, John Mendelsohn, 1987. P.14
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.