Krokodil-naaldvis

Die Krokodil-naaldvis (Tylosurus crocodilus) is 'n vis wat voorkom in die tropiese en subtopiese water van die Atlantiese Oseaan, die Indiese-Pasifiese area, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika vanaf Oman tot by Knysna. In Engels staan die vis bekend as die Crocodile needlefish.

Krokodil-naaldvis
Illustrasie van "The Bahama Islands" deur Die Geologiese Verenging van Baltimore 1905.
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Familie:
Genus:
Tylosurus
Spesie:
T. crocodilus
Binomiale naam
Tylosurus crocodilus
(Péron & Lesueur, 1821)
Subspecies
  • T. crocodilus crocodilus (Péron & Lesueur, 1821)
  • T. c. fodiator (Jordan & Gilbert, 1882)

Voorkoms

'n Krokodil-naaldvis wat in die nag met behulp van kunsmatige lig gevang is.

Die vis se lyf is donker blou aan die bokant, silwer aan die kante en witterig aan die onderkant. Daar is swart kolletjies op die pektorale vinne. Die vis word tot 86 cm lank.

Habitat

Dit is 'n pelagiese vis wat soms in riviermondings voorkom. Hulle is alleenswemmers of kom in klein groepies voor. Gedurende die nag spring die vis uit die water uit agter lig aan. Mense is al so beseer.

Sien ook

Bron

  • Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7

Eksterne skakel

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.