Kristalwater

Kristalwater is water wat chemies in 'n kristalstruktuur gebind is. Stowwe wat dit bevat word hidrate genoem. Verbindings wat dit kort word anhidrate genoem of met die woord watervry aangedui.[1]

Kristalwater in die struktuur van CuSO4·5H2O

'n Goeie voorbeeld van 'n verbinding met kristalwater is die stof CuSO4·5H2O, die pentahidraat van koper(II)sulfaat wat vyf mol kristalwater per mol kopersulfaat bevat.

Koördinasie

Die watermolekules kan direk aan 'n metaalioon gekoördineer wees of nie. 'n Goeie voorbeeld is die heksahidraat van nikkelchloried NiCl2(H2O)6. Vier van die watermolekules vorm saam het die chloriedione 'n effens verwronge oktaëdriese koördinasie rond die nikkelioon met die chloriedione in die trans-posisie (noord- en suidpool). Die ander twee watermolekules is glad nie aan nikkel gebind nie maar vorm waterstofbindings met ander watermolekules. Hierdie struktuur kan weergegee word met trans-Ni(H2O)4Cl2·2H2O. Tradisioneel word gestel dat hierdie stof 6 kristalwatermolekules het, maar sommige chemici sê liewer dat die aantal net twee is.[2]

Fotos

Verwysings

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.