Kristalsisteem

'n Kristalsisteem beskryf die uitwendige simmetrie van 'n goedgevormde kristal. Hoewel die inwendige simmetrie daarvan in 230 ruimtegroepe beskryf word wat tot 32 kristalklasse en 14 Bravais-tralies behoort, kan hierdie inwendige simmetrie net met metodes soos X-straalkristallografie bepaal word. 'n Geoloog kan in die veld net die uitwendige simmetrie bekyk en dit val in net ses kristalsisteme. Een daarvan, die heksagonale sisteem word nogtans dikwels nog onderverdeel in drie divisies. Die kristalsisteme en hul divisies en kenmerke word in die volgende tabel gegee.[1]

SisteemDivisieVorm-kenmerkeDubbelbreking
Isometries (kubies)Vier drietallige asse onder 109 gradeisotroop
HeksagonaalHeksagonaal’n Sestallige asEenassig
TrigonaalEen drietallige as; hoeke 60/120 en 90 grade
RomboëdriesEen drietallige as; 'n hoek ≠ 60,90,120
Tetragonaal'n Viertallige asEenassig
OrtorombiesHoeke 90Tweeassig
MonokliniesEen hoek ≠ 90Tweeassig
TrikliniesAlle hoeke ≠90Tweeassig

Verwysings

  1. "geology in" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Oktober 2019. Besoek op 13 Augustus 2017.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.