Kriptokristallyn
Die term kriptokristallyn is 'n mineralogiese/geologiese term wat verwys na minerale wat sulke klein kristalle het dat die kristallografiese aard nie met die blote oog waargeneem kan word nie. Selfs mikroskopies in dun seksie deur gepolariseerde lig is dit moeilik om te onderskei.
![](../I/Enhydros.jpg.webp)
Voorbeeld van 'n kriptokristallyne mineraal.
Voorbeelde van kriptokristallyne minerale/gesteentes sluit die volgende in
Minerale
- Kalsedoon
- Agaat
Sedimentêre Gesteentes
- Chert
- Vuurklip
Vulkaniese gesteentes
- Felsiete en rioliete kan 'n kriptokristallyne matriks hê.
Sien ook
- Kalsedoon
- Agaat
- Silikaatminerale
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.