Krioliet
Krioliet is 'n mineraal met die algemene formule Na3AlF6.
Krioliet | |
---|---|
Formule | Na3AlF6 |
Onsuiwerhede | Fe, Ca [1] |
Nickel-Strunz (10) | 3.CB.15 |
Kleur | kleurloos, wit, bruin, grys, swart [1] |
Streep | wit[1] |
Glans | glasagtig, vetterig, pêrelagtig, [1] |
Hardheid | 3-3,3 (Mohs) [1] |
Optiese eienskappe | |
Dubbelbreking | tweeassig (+) |
RI-waardes | nα = 1,339 nβ = 1,339 nγ = 1,340[1] |
Fase | T<890K |
Ruimtegroep | P21/n (P21/c) |
Nommer | 14 |
Eenheidsel | a = 540,2; b = 559,6; c = 775,6 pm; β = 90,278°[1] |
Fase | T>890K |
Ruimtegroep | Immm |
Nommer | 71 |
* Lys van minerale | |
Portaal Geologie |
Kristalstruktuur
Krioliet kristalliseer teen kamertemperatuur in 'n monokliniese struktuur wat die argetipe van die J26-struktuur van die strukturbericht-klassifikasie is.[2] Die struktuur is pseudokubies en bestaan uit [AlF6]-oktaëders. Daartussen is natriumione in twee koördinasies: een (Na(1)) wat 'n taamlik reëlmatige oktaëder vorm en die ander (Na(2)) in 'n agtvoudige omringing wat 'n sterk verwronge kubiese antiprisma genoem kan word. [3]
Teen 890K skakel die struktuur om na 'n ortorombiese struktuur met ruimtegroep Immm (#71) [2]
Gebruike
Gesmelte krioliet word in die die Hall-Heroult-proses as oplosmidel gebruik om aluminium te vervaardig.
Verwysings
- "mindat 1161" (in Engels). Besoek op 24 November 2023.
- "Cryolite (Na3AlF6, J26) Structure : AB6C3_mP20_14_a_3e_de". Aflow.
- F. C. HAWTHORNE, R. B. FERGUSON (1975). "REFINEMENT OF THE CRYSTAL STRUCTURE OF CRYOLITE". Canadian Mineralogist. 13: 377–382.
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.