Kretensiese ruigtevaring

Die Kretensiese ruigtevaring (Pteris cretica L.) is 'n varingspesie wat in Suid-Afrika in die provinsies Wes-Kaap, Oos-Kaap, KwaZulu-Natal, Vrystaat, Gauteng, Mpumalanga en Limpopo voorkom. [1] Die plant het 'n groot voorkomsgebied wat die tropiese Afrika, die westelike gebied van die Indiese Oseaan, suidelik Europa en Asiƫ tot Japan omvat. [2]

Kretensiese ruigtevaring
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Divisie:
Pteridophyta
Klas:
Polypodiopsida
Orde:
Polypodiales
Familie:
Pteridaceae
Genus:
Pteris
Spesie:
P. cretica
Binomiale naam
Pteris cretica
(L.) P.Beauv. (1805)
Sinonieme
  • Pteris serraria Sw.

Dit het 'n wortelstok wat tot 6 mm dik kan wees. Die blare kan 510 tot 750 mm lank wees. Die vrugbare blare wat sporangia dra is langer. Die stingel is 360 tot 575 mm lank.[2]

Dit groei in ligte of diep skaduwee in diep blaarafval in immergroene woude wat volgens seisoen afwisselend nat of droog is.[2]

Verwysings

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.