Kranskop
Kranskop is 'n klein dorpie in KwaZulu-Natal, Suid-Afrika.
Kranskop | |
---|---|
![]() ![]() Kranskop ![]() | |
Koördinate: 28°58′S 30°51′O | |
Land | ![]() |
Provinsie | KwaZulu-Natal |
Distrik | Umzinyathi |
Munisipaliteit | Umvoti |
Stigting | 1894 |
Oppervlak | |
• Totaal | 1,48 km2 (0,57 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 1 514 |
• Digtheid | 1 023/km2 (2 650/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 2.3% |
• Indiërs/Asiërs | 6.5% |
• Bruin mense | 3.6% |
• Swart mense | 86.4% |
• Ander | 1.2% |
Taal (2011) | |
• Zoeloe | 80.6% |
• Engels | 9.9% |
• Afrikaans | 1.5% |
• Ander | 7.9% |
Skakelkode | 033 |
Geskiedenis
Die dorp is in 1894 gestig as Hopetown. Om verwarring met die dorp Hopetown in die Noord-Kaap te vermy is die dorp na 'n nabygeleë koppie (1 155m) genoem. Die Zoeloenaam vir die dorpie is i'Tshe lika Ntumjambili (die rots met twee openinge). 'n Takspoorlyn vanaf Greytown het die dorp in 1914 bereik.
Distrik
Die distrik is 1 057 km2 groot. Wattelplantasies is die belangrikste ekonomiese aktiwiteit.
Bronne
- Erasmus, B.P.J. (1995). Op Pad in Suid-Afrika. Jonathan Ball Uitgewers. ISBN 1-86842-026-4.
- Rosenthal, Eric (1967). Ensiklopedie van Suidelike Afrika.
Verwysings
- "Hoofplek Kranskop". Sensus 2011.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.