Kransduif
Die Kransduif (Columba guinea) is 'n duif wat in groot dele van Afrika suid van die Sahara voorkom. Die kransduif het in groot getalle van sy oorspronklike habitat van steil kranse en berge na die dorpe en stede beweeg waar hy saam met die wildeposduif woon. Daar word vermoed dat die twee genera soms kruisteel.[1] Daar heers onsekerheid oor die redes vir hul habitatuitbreiding na die stede, maar die hoë toringgeboue verskaf genoeg hoekies en lysies vir nesmaak en kom ruweg met die rotswande van hul natuurlike omgewing ooreen.
Kransduif | |
---|---|
Op Tafelberg, Kaapstad, Suid-Afrika | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | C. guinea |
Binomiale naam | |
Columba guinea | |
Voorkoms
Hierdie is 'n groot duif, 41 cm in lengte. Die rooibruin rug, witgespikkelde vlerke en blougrys romp is kenmerkend. Die kop is grys, en naby kan 'n rooierige, kaal vel rondom die oë gesien word. Die nek is bruin, met wit strepe, en die bene is rooi. Die roep is 'n doo-doo-doo. Die geslagte lyk eenders, maar onvolwassenes is bruiner as volwassenes.
Nes
Hierdie spesie bou 'n groot stokkiesnes in 'n boom en lê twee wit eiers. Die vlug is vinnig, met gereelde slae, en by geleentheid 'n skerp flik van die vlerke wat kenmerkend is van duiwe in die algemeen.
Voeding
Die kransduif se kos is groente en hulle versamel in groot getalle waar graan of grondbone beskikbaar is.
Sien ook
Verwysings
- Die Suid-Afrikaanse voëlgids (4de uitgawe), John Sinclair, John Mendelsohn, 1987. P.14
Bronne
Wikimedia Commons bevat media in verband met Columba guinea. |
- BirdLife International (2004). Columba guinea. 2006 IUBN-rooilys van bedreigde spesies. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur 2006. Verkry op 8 Mei 2006. Databasis inskrywing sluit regverdiging in waarom hierdie spesie van die minste kommer is
- Birds of The Gambia deur Barlow, Wacher en Disley, ISBN 1-873403-32-1