Kragsentrale
'n Kragsentrale of kragstasie is 'n industriële fasiliteit vir die opwekking van elektriese krag uit ander energiebronne.
Kragsentrale
Subklas van | energie kragstasie |
---|---|
Produk of materiaal wat geproduseer word | elektriese energie |
Die middelpunt van byna alle kragsentrales is die elektriese generator, 'n roterende masjien wat meganiese energie omskakel na elektriese energie deur die skepping van 'n relatiewe beweging tussen 'n magnetiese veld en 'n geleier. Die energiebron wat aangewend word om die generator te draai verskil wesenlik. Dit is hoofsaaklik afhanklik van die tipe brandstof wat beskikbaar is, en die toegang tot tipe tegnologie van die elektrisiteitsmaatskappy.
Sien ook
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.