Kraairivier
Die Kraairivier is 'n middelslagrivier in die verre-noordoostelike deel van die Oos-Kaap. Dit ontspring in die Drakensberge suid van Lesotho, vloei weswaarts ná die samevloei van die Bellrivier en die Sterkspruit naby Moshesh's Ford by 30°51′08″S 27°46′43″O en deur 'n diep vallei wes van die dorp Barkly-Oos.
- Vir ander riviere met dieselfde naam, sien Kraairivier (dubbelsinnig)
Kraairivier | |
---|---|
![]() Die rivier in die omgewing van Barkly-Oos | |
Stroomgebied | Oos-Kaap, Suid-Afrika |
Hoofrivier | Oranjerivier |
Oorsprong | Moshesh's Ford |
Sytak -links | Saalboomrivier, Holspruit, Wasbankspruit |
Sytak -regs | Bellrivier, Karnmelkspruit Bossieslaagtespruit |
Monding | Oranjerivier, by Aliwal-Noord |
Oorsprong-hoogte | 1 845 m |
Monding-hoogte | 1 340 m |
![]() ![]() Kraairivier |
|
Koördinate: 30°40′4″S 26°45′9″O |
![](../I/Rivers_of_Lesoto_OSM.png.webp)
![](../I/HGG-Kraai-River-Bridge.jpg.webp)
Die hele vloedgebied val in die Joe Gqabi-distrik, die rivier kronkel met groot boë weswaarts deur die platorand. Tien kilometer oos van Aliwal-Noord, by 30°44′14″S 26°47′3″O, vloei die rivier onderdeur die historiese Sauerbrug (opgerig in 1881)[1][2] en 'n nuwe, hoë betonmotorbrug op die R58-hoofpad, digby die Old Toll Inn herberg. Die rivier swenk hierna noordwaarts, begrens die Buffelspruit-natuurreservaat en sluit dan aan by die Oranjerivier net noordoos van Aliwal-Noord by 30°40′4″S 26°45′9″O.[3]
Die Kraairivier vloei byna sy volle lengte oor sandsteen van die Clarens-formasie.
Hengelvis wat in die rivier en sy bolope voorkom is reënboogforel en grootbek-geelvis.[4]
Naam
Die rivier was aanvanklik bekend as die Greyrivier. Kol. Richard Collins (1774-1813), die Britse kommissaris van die oostelike grensdistrikte van die Kaapkolonie, het dit in 1809 vernoem na genl. sir Henry George Grey (1766-1845), die militêre bevelvoerder van die Kaap en waarnemende goewerneur van die Kaapkolonie. In die volksmond het die Grey in Kraai verander.
Sytakke
- Bellrivier: monding=30°51′08″S 27°46′43″O op 1800 m; ontspring=30°40′31″S 28°8′25″O
- en sy tak, die Kloppershoekspruit: monding=30.75338°S 28.012562°O op 1920 m; oorsprong=30.66154°S 28.00659°O op 2700 m (teen die Lesothogrens)
- Sterkspruit 30°51′08″S 27°46′43″O, sy sytakke is:
- Bokspruit; ontspring=30.99589°S 28.05470°O op 2450 meter
- Riflespruit; monding=30.88396°S 27.91192°O; oorsprong=30.82136°S 28.12043°O
- Koffiehoekspruit; monding=31.04314°S 27.83799°O;
- Joggemspruit: monding=30.80944°S 27.72028°O
- Langkloofspruit: monding=30.9080°S 27.5729°O; oorsprong=31°11′35″S 27°50′36″O
- Bottelnekspruit: monding=31°6′33″S 27°43′29″O
- Diepspruit met sytakke, die Bamboesspruit en Driedrifstroom.
- Carlisleshoekspruit: monding=30.78806°S 27.9669°O
- Maartenshoekspruit: monding=30.82118°S 27.87141°O op 1800 m; ontspring=30.74667°S 27.88480°O op 2200 m
- Holspruit: monding=30.9316°S 27.1402°O; ontspring=31.1254°S 26.9739°O
- en sy tak, die Telemachusspruit, monding=31.04814°S 26.99382°O; ontspring=31.0107°S 26.7441°O monding op 1439 m
- Saalboomrivier: monding=30.95794°S 27.46026°O ontspring=31.2441°S 27.4850°O
- en sy regtersytak, die Vaalhoekrivier.
- Karnmelkspruit: monding=30.90567°S 27.13288°O op 1400 m; ontspring=30.70778°S 27.46342°O op 2500 m
- Wasbankspruit: monding=30.967°S 27.20°O op 1408 m; ontspring=31.3590°S 27.4311°O op 1502 m
- en sy tak, die Wolwespruit, monding op 1441 m
- Bossieslaagtespruit: monding=30.87733°S 27.05203°O op 1350 m; ontspring=30.77842°S 27.13494°O op 1480 m
Sien ook
- Spoorweg Aliwal-Noord–Barkly-Oos
- Lys van riviere in Afrika
- Kaart van Kraairivier se monding by Geonames.org (cc-by); pos opgedateer 2012-01-18; databasis afgelaai op 2017-02-28
Verwysings
- "Stone Arch Bridges Of The Northeast Cape" maclear.co.za
- "Exploring the Eastern Cape’s bridging legacy" farmersweekly.co.za
- Physiography of the Kraai River Catchment Geargiveer 3 Maart 2016 op Wayback Machine WalkerBouts.co.za
- "Fly Fishing" Geargiveer 18 Junie 2015 op Wayback Machine wildmountainadventures.co.za
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |