Kowierivier

Die Kowierivier is 'n rivier in die Oos-Kaap, Suid-Afrika.

Moet nie verwar word met die Cowierivier wat by Adelaide in die Koonaprivier invloei nie.
Kowierivier
Brug oor die Kowierivier en strandmeer in Port Alfred
Brug oor die Kowierivier en strandmeer in Port Alfred
Brug oor die Kowierivier en strandmeer in Port Alfred
Stroomgebied Oos-Kaap
Monding Indiese Oseaan
Lengte 94
Oorsprong-hoogte 800
Monding-hoogte 0
Ligging van Kowierivier op 'n kaart (Suid-Afrika)
Kowierivier
Kowierivier
Koördinate: 33°36′06″S 26°53′58″O

Die rivier se oorsprong is in die heuwels van die "Grahamstadshoogte" waarna dit in 'n suidoostelike rigting vloei. Dit dreineer die pynappel-landerye en grootste dele van die Bathurst-streek, en vloei deur die gesogte Port Alfred-waterfront, waarna dit by 33°36′06″S 26°53′58″O in die Indiese Oseaan uitmond.

Die hoofsyriviere is die Bloukransrivier, die Bakrivier en die Lushingtonrivier. Die Kleinkowierivier is 'n kleiner sytak wat 14 km voor die monding by die strandmeer-gedeelte aansluit. Daar sluit ook 'n hele aantal kleiner, onbenoemde spruite aan by die rivier langs sy roete na die see. Die Kowierivier is deel van die Vis tot Tsitsikama waterbestuursgebied.[1]

Ekologie

'n Klein bevolking van die bedreigde Oos-Kaapse kurper (Sandelia bainsii) kom in die Kowierivier voor.[2]

Verwysings

  1. Fish to Tsitsikama WMA 15
  2. "Sandelia bainsii". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Julie 2008. Besoek op 18 Mei 2013.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.