Kovalente binding

Kovalente binding kom voor wanneer atome van nie-metale elektrone gelykop of byna gelykop deel. Elektrostatiese aantrekkingskragte hou die atome in kovalente binding bymekaar.

'n Kovalente binding wat H2 (regs) vorm, waar twee waterstof atome die twee elektrone deel.

Soos die atome begin bind, trek die positiewe lading op elke kern die ander atoom aan. Dus sal die elektrone waarskynlik in die ruimte tussen die twee kerne wees. Omdat die elektrone waarskynlik tussen die kerne sal wees, bind die atome saam in 'n kovalente binding.

Bronne

  • "Covalent bonding – Single bonds". chemguide. 2000. Besoek op 5 Februarie 2012.
  • "Electron Sharing and Covalent Bonds". Department of Chemistry University of Oxford. Besoek op 5 Februarie 2012.
  • "Chemical Bonds". Department of Physics and Astronomy, Georgia State University. Besoek op 5 Februarie 2012.

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.