Kougarivier
Die Kougarivier is 'n rivier wat naby Uniondale in die Oos-Kaap, Suid-Afrika ontspring. Dit vloei na die ooste, waar dit aansluit by die Grootrivier om die Gamtoos te vorm ná die Kougadam. Sy belangrikste sytak is die Baviaansrivier, wat by sy linkerbank aansluit net voor die dam.[1] Hierna vloei die rivier deur die Gamtoosvallei[2] op sy laaste tog van 50 km om uit te mond in die Indiese Oseaan naby Humansdorp.
Kougarivier | |
---|---|
Stroomgebied | Oos-Kaap, Suid-Afrika |
Oorsprong | Uniondale |
Monding | Gamtoosrivier |
Monding-hoogte | 90 m |
Kougarivier |
|
Koördinate: 33°44′45″S 24°36′55″O |
Ekologie
In 1995 is eksemplare van die Kaapse galaxias (Galaxias zebratus), 'n Suid-Afrikaanse visspesie wat endemies is aan die Kaapse Florastreek, in die Kouga- en die Kromrivier gevind. Tot op daardie stadium, is gemeen dat die verspreiding van die vis tot die gebied tussen die Keurboomsrivier en die Olifantsrivier beperk is.[3] Alhoewel die relatief delikate vis in Suid-Afrika net as naby-bedreig geklassifiseer word, is spesies van dieselfde genus in Australië tot uitwissing gedryf deur mededingende salmsoorte en ander ingevoerde spesies van vis.[4]
Die Kougaberge, noord van die rivier, die Kougadam en die Kouga en Kou-Kamma Munisipaliteite is vernoem na hierdie rivier.
Sien ook
Verwysings
- Fish to Tsitsikamma WMA 15 (en)
- Gamtoos System Report Geargiveer 22 Desember 2014 op Wayback Machine (en)
- Freshwater Ichthyology - The Cape galaxias Galaxias zebratus[dooie skakel] (en)
- "Biodiversity, Alien trout, and the So what attitude" Geargiveer 25 Desember 2012 op Wayback Machine (en)
Notas
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |