Kougaberge

Die Kougaberge is 'n bergreeks op die grens van die Oos-Kaap en Wes-Kaap, Suid-Afrika en strek in 'n oos-wes rigting. Dit is deel van die Kaapse Plooigordel. Dit begin net oos van Uniondale en strek verder ooswaarts. Dit skei die Baviaanskloof en Langkloof van mekaar. [1] Die Baviaanskloofberge en die Kougaberge loop parallel met mekaar.[2] Die hoogste punt is Smutsberg (1757 m).[3]

Verwysings

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.