Koster
Koster is 'n dorp in die Noordwesprovinsie van Suid-Afrika.
Koster | |
---|---|
Koster Koster se ligging in Noordwes | |
Koördinate: 25°51′55″S 26°53′44″O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Noordwes |
Distrik | Bojanala Platinum |
Munisipaliteit | Kgetlengrivier |
Stigting | 1860 |
Oppervlak | |
• Totaal | 18,22 km2 (7,03 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 2 342 |
• Digtheid | 129/km2 (330/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 62.4% |
• Indiërs/Asiërs | 9.6% |
• Bruin mense | 1.7% |
• Swart mense | 25.6% |
• Ander | 0.8% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 72.9% |
• Engels | 13.9% |
• Tswana | 9.5% |
• Sotho | 0.8% |
• Ander | 2.9% |
Poskode (strate) | 0348 |
Poskode (posbusse) | 0348 |
Skakelkode | 014 |
Geskiedenis
Bastiaan Hendricus Koster het hom in 1860 op die plaas "Kleinfontein" gevestig nadat hy vanaf Nederland geëmigreer het. Toe die spoorlyn vanaf Johannesburg na Mahikeng geopen het in 1910, is 'n halte op Kleinfontein opgerig. Die dorp Koster het later ontstaan rondom die halte. Koster het 'n dorp geword in 1913 en 'n munisipaliteit in 1930.
Distrik
Die distrik is 2 700 km2 groot. Die Kosteromgewing is bekend vir mielieboerdery, asook leiklip- en diamantontginning. Op 11 November 1970 was die laaste diamantstormloop in Suid-Afrika hier gehou nadat diamante ontdek is. Die vonds was egter kortstondig.
Geografie
Die distrik lê op die waterskeiding tussen die Oranjerivier en die Limpoporivier. Die Elands- en Kosterriviere vloei noord na die Limpopo en die Mooirivier suid verby Potchefstroom na die Vaalrivier.
Sien ook
Bronne
- Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995. ISBN 1-86842-026-4
- "Hoofplek Koster". Sensus 2011.