Koreane
Die Koreane (Hangoel: 한민족; hanja: 韓民族; alternatiewelik Hangoel: 조선민족; hanja: 朝鮮民族) is 'n inheemse etniese groep in Korea en Mantsjoerye.[7] Hulle vorm die inheemse bevolking van beide Noord- en Suid-Korea en praat hoofsaaklik Koreaans. In die laaste eeu het die 7 miljoen mense van die Koreaanse diaspora langs die Stille Oseaanrand versprei, veral na die Volksrepubliek China, die Verenigde State en Japan. In die Volksrepubliek China behoort die Koreane tot een van 56 die amptelik erkende etniese groepe ("nasionaliteite").
- Hierdie artikel handel oor die etniese groep in Oos-Asië. Vir die taal, sien Koreaans.
Koreane | |
---|---|
Totale bevolking: | ca. 83 miljoen |
Belangrike bevolkings in: | Suid-Korea 50 423 955[1] Noord-Korea 25 300 000[2] |
Taal: | Koreaans |
Geloofsoortuiging: | Oorwegend ongebonde. Groot dele is aanhangers van Christendom, Koreaanse Boeddhisme, Koreaanse sjamanisme, Sjintoïsme. Agtergrond van Koreaanse Confucianisme.[5][6] |
Verwante etniese groepe: |
Suid-Koreane verwys na hulself as Hanguk-in (Hangoel: 한국인; hanja: 韓國人) of Hanguk-saram (Hangoel: 한국 사람), albei beteken "Mense van die Koreaanse land." Wanneer hulle na mense van die Koreaanse diaspora verwys, gebruik Koreane dikwels die term Han-in (Hangoel: 한인; hanja: 韓人; letterlik "Koreaanse mense").
Noord-Koreane verwys na hulself as Joseon-in (Hangoel: 조선인; hanja: 朝鮮人) of Joseon-saram (Hangoel: 조선 사람), albei beteken letterlik "Joseon-mense". Met soortgelyke woorde verwys Koreane in China na hulself as Chaoxianzu (Chinees: 朝鲜族) of Joseonjok (Hangoel: 조선족) in Koreaans wat kognate is en letterlik "etniese groep Joseon" beteken.
Etniese Koreane wat in Rusland en Sentraal-Asië woon verwys na hulself as Koryo-Saram (Hangoel: 고려 사람; Cyrilliese alfabet: Корё сарам), wat afgelei is van Goryeo, 'n Koreaanse dinastie tussen 918 en 1392.
Verwysings
- "Population of Republic of Korea" (in Koreaans). Statistics Korea. 30 Maart 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Desember 2016. Besoek op 3 Februarie 2016.
- (en) 2013 World Population Data Sheet Interactive World Map Geargiveer 30 Maart 2014 op Wayback Machine
- (ko) 재외동포현황/Current Status of Overseas Compatriots. South Korea: Ministry of Foreign Affairs and Trade. 2013. Besoek op 3 Februarie 2016.
- (ko) 2014년 재외국민 통계청자료=, 2014, http://www.index.go.kr/potal/main/EachDtlPageDetail.do?idx_cd=1682=0, besoek op 3 Februarie 2016
- "International Religious Freedom Report 2008 – Korea, Republic of". U.S. Department of State (in Engels). Bureau of Democracy, Human Rights, and Labor. 22 Januarie 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 3 Februarie 2016.
- "state.gov" (in Engels). state.gov. 12 April 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Mei 2019. Besoek op 4 Mei 2012.
- (en) A History of Korea: From "Land of the Morning Calm" to States in Conflict – Jinwung Kim – Google Books
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Koreane.