Koperindiumselenied


Koperindiumselenied is 'n selenied van koper in sy +1 oksidasietoestand en indium in sy +3 toestand. Die formule van die stoigiometriese vorm is CuISe2. Dit word dikwels α-CIS genoem.

Eienskappe

Algemeen

NaamKoperindiumselenied
Struktuurformule van
Struktuurformule van
Chemiese formule CuInSe2
Molêre massa336,28 [g/mol][1]
CAS-nommer12018-95-0[1]  
Voorkomsgrysswart  
ReukReukloos[1]
Fasegedrag  
Selkonstantesa=578,4 pm ; c=1161,6 pm[2]  
RuimtegroepI42d 
Nommer122  
StrukturberichtE1
Smeltpunt 968 °C[2]
Kookpunt
Digtheid
Oplosbaarheidonoplosbaar

Suur-basis eienskappe

pKa

Veiligheid

Flitspuntnie-brandbaar

Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande.

 
Portaal Chemie

α-CIS is 'n halfgeleier met 'n direkte bandgaping van ongeveer 1,04 eV. Hierdie halfgeleier kan in sonselle aangewend word. Die doeltreffendheid as fotovoltaïese materiaal het in 1975 vir die eerste keer die 'magiese' 10% oortref en sedertdien is daar baie navorsing op hierdie verbinding en variasies soos CIGS (waar indium gedeeltelik deur gallium vervang is).[2] Dunne lae van CIGS word nu as kommersiële selle aangebied. Mengkristalle kan gevorm word tussen CuInSe2 en CuGaSe2. Dit vergroot die bandgaping tot 1,68 eV vir die suiwer galliumverbinding. Hoewel in die laboratorium doeltreffendhede van >20% bereik is, is kommersiële CIGS s'n gewoonlik 12%-14%.[3]

Kristalstrukture

Die α-fase van koperindiumselenied, wat by kamertemperatuur stabiel is, kristalliseer in die chalkopiriet-struktuur, wat in die strukturbericht-klassifikasie die E11-tipe genoem word. Hierdie struktuur is 'n geordende weergawe van die sfaleriet-struktuur (B3) met metaalatome in die tetraëderholtes binne 'n kubiese digpakking. Die α-fase ondergaan kongruente eerste orde oorgang na die wanordelike sfalerietstruktuur (α->δ teen 810°C). Dit smelt byna kongruent teen 986°C.

Die α-fase kan effens nie-stiogiometries wees in die indiumryke rigting maar nie in die koperryke rigting nie. Die δ-fase het 'n taamlik wye homogeniteitsgebied.

Verwysings

  1. "MSDS" (PDF). Fisher. Besoek op 6 September 2023.
  2. Billy J. Stanbery (2002). "Copper Indium Selenides and Related Materials for Photovoltaic Devices". Critical Reviews in Solid State and Materials Sciences. 27 (2): 73–117.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)
  3. "Copper Indium Gallium Diselenide". DOE.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.