Kopereend
Die kopereend (Tadorna cana) is 'n algemene standvoël in Suid-Afrika. Dit is endemies aan die gebied.
Kopereend | |
---|---|
![]() | |
'n Mannetjie | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Tadorna |
Spesie: | T. cana |
Binomiale naam | |
Tadorna cana (Gmelin, 1789) | |
Identifikasie
![](../I/Tadorna_cana333863547.jpg.webp)
Wyfie
![](../I/Tadorna_cana_MHNT.ZOO.2010.11.21.2.jpg.webp)
Tadorna cana
Die kopereend is 'n groot voël, die gemiddelde lengte van 'n volwasse kopereend is 64 cm. Soos die naam aandui het kopereende 'n koperkleur en het hulle ook 'n swart snawel en swart pote. Die manlike eend het 'n grys kop, en die vroulike eend het 'n wit-en-grys kop.
Habitat
Varswaterdamme en vleie.
Broeigewoontes
Na afloop van die broeityd, vroeg in die voorjaar, vorm hulle soms groot swerms, wat skade in tuine en landerye kan veroorsaak. Die nes, met tien wit eiers, is meestal in 'n erdvarkgat.
Verspreiding
Grootste deel van Suid-Afrika, behalwe die noorde en ooste, asook in groot dele van Namibië.
Ander name
- Duitse naam: Graukopfkasarka
- Engelse naam: Cape Shelduck / South African Shelduck
- Wetenskaplike naam: Tadorna cana
Sien ook
Bronnelys
- Newman se Voëls van Suider-Afrika.
- Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011. ISBN 978-1-77007-926-7
- KENNIS, vol 14, 1980, bl. 2898-2899, ISBN 0 7981 0836 3
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.