Konyn (astrologie)

Die Konyn (兔, mǎo) is die vierde dier in die twaalfjaarlikse siklus van die Chinese astrologie, volgens die Chinese kalender. Dit hou ook verband met Oos-Asiatiese diereriem- en kalenderstelsels. Die Jaar van die Konyn word verbind met die Aardse taksimbool 卯.

Beskrywing

Volgens een legende is daar ’n rede vir die volgorde van die twaalf diere in die twaalfjaarsiklus. Daarvolgens is ’n resies oor ’n groot rivier gehou en die volgorde van die diere in die siklus is die volgorde waarin hulle die resies voltooi het. In dié verhaal het die Konyn van klip tot klip oor die rivier gespring. Halfpad het hy in die water geval, maar daarin geslaag om aan ’n stomp vas te klou wat hom later na die oorkantse oewer laat dryf het.

Die Chinese tekens word ook die diereriem genoem omdat geglo word ’n mens se persoonlikheid word deur die dier beïnvloed wat oor jou geboortedatum heers. Net so word die jaar waaroor ’n spesifieke dier heers, daardeur gekenmerk. Die invloed is veral sterk by mense wat in die jaar van die dier gebore is.

Dieselfde twaalf diere word gebruik om die siklus van ure in ’n dag te simboliseer – elk word verbind met ’n tydperk van twee uur. Die tydperk van die Konyn is van 05:00 tot 07:00 – die tyd wanneer die Maanhaas kruiemedisyne fynmaal op die Maan.

In Chinese simbologie word Konyne beskou as sag en liefdevol. Hulle is nie aggressief nie, maar toeganklik. Hul optrede is ordentlik, adellik en elegant.

Jare en die Vyf Elemente

Mense wat binne dié datums gebore is, is in die Jaar van die Konyn gebore, met ook die volgende elementêre teken:[1][2]

BegindatumEinddatumHemelse tak
2 Februarie 192722 Januarie 1928Vuurkonyn
19 Februarie 19397 Februarie 1940Aardkonyn
6 Februarie 195126 Januarie 1952Metaalkonyn
25 Januarie 196312 Februarie 1964Waterkonyn
11 Februarie 197530 Januarie 1976Houtkonyn
29 Januarie 198716 Februarie 1988Vuurkonyn
16 Februarie 19994 Februarie 2000Aardkonyn
3 Februarie 201122 Januarie 2012Metaalkonyn
22 Januarie 20239 Februarie 2024Waterkonyn
8 Februarie 203527 Januarie 2036Houtkonyn

Konyne en hul maats

Teken Beste maats Gemiddelde maats Slegte maats
KonynKonyn, Vark, BokHond, Tier, Perd, Draak, Aap, Rot, Slang, OsHaan

Basiese astrologiese elemente

Aardse tak van geboortejaarBoom
Die Vyf ElementeHout
Jin/jangJin
Maanmaand2de
Gelukkige nommers3, 6, 9; vermy: 1, 7, 8
Gelukkige blommePlantago, lelie, fittonia, leeubekkie
Gelukkige kleureSwart, pienk, pers, blou, rooi; vermy: bruin, geel, wit
SeisoenLente
Naaste Westerse tekenVisse

Sien ook

Verwysings

  1. "When is Chinese New Year?" (in Engels). pinyin.info. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Januarie 2020. Besoek op 13 Maart 2018.
  2. "Chinese Zodiac - Rabbit (Hare)" (in Engels). Your Chinese Astrology. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Februarie 2020. Besoek op 13 Maart 2018.

Eksterne skakels

Vorige teken
Tier (寅)
Konyn (卯) Volgende teken
Draak (辰)
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.