Koninkryk Hawaii

Die Koninkryk Hawaii (Engels: Kingdom of Hawaiʻi, Hawais: Aupuni Mōʻī o Hawaiʻi) het bestaan van 1795 tot 1893.

Koning David Kalakaua van Hawaii
Kingdom of Hawaiʻi
Aupuni Mōʻī o Hawaiʻi

Koninkryk Hawaii
1795–1893
Vlag Wapenskild
Vlag Wapen
Leuse: Ua Mau ke Ea o ka ʻĀina i ka Pono
(Hawais vir: "Die lewe van die land is verewig in geregtigheid")
Volkslied: God Save the King (tot 1860)
E Ola Ke Aliʻi Ke Akua (1860–1866)
He Mele Lāhui Hawaiʻi (1866–1876)
Hawaiʻi Ponoʻi (1876–1898)
Ligging of Hawaii
Ligging of Hawaii
Ligging van Hawaii
Hoofstad Waikiki (1795–1796)
Hilo (1796–1803)
Honolulu (1803–1812)
Kailua-Kona (1812–1820)
Lāhainā (1820–1845)
Honolulu (1845–1893)
21°18′N 157°49′W
Taal/Tale Hawais, Engels
Godsdiens Kerk van Hawaii
Regering Monargie
Koning
 - 1795–1819 Kamehameha I
 - 1819–1824 Kamehameha II
 - 1825–1854 Kamehameha III
 - 1855–1863 Kamehameha IV
 - 1863–1872 Kamehameha V
 - 1873–1874 Lunalilo
 - 1874–1891 David Kalakaua
 - 1891–1893 Liliuokalani
Kuhina Nui
 - 1819–1832 Kaʻahumanu
 - 1832–1839 Kīnaʻu
 - 1839–1845 Kekāuluohi
 - 1845–1855 Keoni Ana
 - 1855–1863 Victoria Kamāmalu
 - 1863–1864 Kekūanāoʻa
Wetgewer Parlement
Historiese tydperk Nuwe Tyd
 - StigtingMei 1795
 - UnifikasieMaaart/April 1810
 - Grondwetlike monargie8 Oktober 1840
 - Besetting deur Groot-Brittanje25 Februarie31 Julie 1843
 - Anglo-Franse Proklamasie28 November 1843
 - Ontbinding24 Januarie 1895
Oppervlakte
 - 180028 311 km2
10 931 sq mi
Bevolking
 - 1800 skatting250 000 
     Digtheid8,8 /km² 
22,9 /sq mi
 - 1832 skatting130 313 
     Digtheid4,6 /km² 
11,9 /sq mi
 - 1890 skatting89 990 
     Digtheid3,2 /km² 
8,2 /sq mi
Geldeenheid Hawaii-dollar
Amerikaanse dollar

Hawaii het tot die eerste besoek van die Europeane 'n sosiale en politieke struktuur geken wat vergelyk kan word met die feodale maatskappy van Europa. In 1810 het koning Kamehameha I die eilande verenig en het die koninkryk Hawaii geregeer tot sy dood in Mei 1819. Hy is deur sy seun Kamehameha II opgevolg, maar dié koning het in Julie 1824 in Londen gesterf. Sy broer het hom opgevolg as koning Kamehameha III en het vir die koninkryk begin om 'n grondwettelike struktuur te gee. In 1839 het 'n Verklaring van Regte verskyn en die volgende jaar het die koning sy absolute mag opgegee. Kamehameha III het vir sy land diplomatiek probeer internasionale erkenning te vind en het gesante na Europa en die Verenigde State gestuur. Dit het in 1842 gelei tot erkenning deur die Amerikaanse president John Tyler en in 1843 deur koningin Victoria se regering. Ander lande soos Nederland, Frankryk, Rusland, Switserland ensomeer het gevolg.

In 1853 is Kamehameha III dood en Alexander Liholiho is aangewys as sy opvolger onder die naam Kamehameha IV. Hy het sonder opvolger gesterf in 1864 en Kapuaiwa is aangewys om hom op te volg. Hy het egter 'n nuwe grondwet geëis. Ook Kamehameha het in 1872 sonder opvolger gesterf en die Wetgewende Vergadering het William Charles Lunalilo verkies om koning te wees. Koning Lunalilo het egter na een jaar ook sonder opvolger gesterf. David Kalakaua is verkies tot koning en het aanvankelik sy jongere broer William P. Leleiohoku aangewys as opvolger.[1]

Verwysings

  1. "Political History" (in Engels). Hawaiian Kingdom. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Mei 2020. Besoek op 4 Julie 2016.

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.