Koningsprotea
Die koningsprotea (Protea cynaroides), ook bekend as die reuseprotea, koningsuikerbos of heuningpot, is 'n blom en die grootste lid van die Protea-genus en is deel van die fynbos-bioom. Die plant is endemies aan Suid-Afrika en kom voor vanaf die Sederberg tot Port Elizabeth. Die struik het meer as een stam en word tot 2 m in deursnee en ook tot 2 m hoog. Dit blom regdeur die jaar.
Koningsprotea | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Proteales |
Familie: | Proteaceae |
Genus: | Protea |
Spesie: | P. cynaroides |
Binomiale naam | |
Protea cynaroides L., 1771 | |
Verspreidings-kaart | |
Sinonieme | |
|
Die plant spruit weer uit na 'n vuur. Die saad word deur die wind versprei en die plant is eenslagtig. Die aktiwiteite van voëls is verantwoordelik vir die bestuiwing. Die plant groei in sandsteengrond op hoogtes van 0–1 500 m.
Nasionale embleem
Die koningsprotea is die nasionale blom en sportembleem van Suid-Afrika. Dit verskyn op die wapen van Suid-Afrika en die Suid-Afrikaanse nasionale krieketspan (Proteas) se bynaam is aan dié plant ontleen.
Fotogalery
- Blom in die Universiteit Stellenbosch Botaniese Tuin
Sien ook
Bronne
- Inligtingsblad van die Suid-Afrikaanse Regering Geargiveer 26 September 2011 op Wayback Machine
- Die Protea Atlasprojek Geargiveer 8 September 2012 op Wayback Machine van die Nasionale Botaniese Instituut
- REDLIST Sanbi
- PlantZAfrica
- Protea Atlas
- Plants of the World Online
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Koningsprotea.
- Wikispecies het meer inligting verwant aan Koningsprotea
Amptelike simbole van Suid-Afrika | ||||
---|---|---|---|---|
Blom: | Boom: | Voël: | Dier: | Vis: |
die koningsprotea | die geelhout | die bloukraanvoël | die springbok | die galjoen |
Protea cynaroides | Podocarpus latifolius | Grus paradisius | Damaliscus pygarus | Distichius capensis |