Koning Fahd-beker in 1995
Die Koning Fahd-beker in 1995 (Arabies: 1995 كأس الملك فهد; Engels: King Fahd Cup) is van 6 tot 13 Januarie 1995 in Saoedi-Arabië aangebied en genoem na koning Fahd bin Abdoel Aziz al-Saoed. Dit was die tweede en laaste keer wat die sokker-konfederasiebeker onder die naam Koning Fahd-beker aangebied is, nadat dit en die vorige 1992-toernooi terugwerkend deur FIFA as Sokker-Konfederasiebekertoernooie erken is. Die volgende toernooie vanaf 1997 is onder FIFA se vaandel aangebied.
كأس الملك فهد 1995 | |
---|---|
Toernooi-inligting | |
Gasheerland | Saoedi-Arabië |
Datums | 6 – 13 Januarie |
Spanne | 6 (van 5 konfederasies) |
Stadions | 1 (in 1 stad) |
Finale uitslag | |
Kampioene | Denemarke (1 titel) |
Tweede plek | Argentinië |
Derde plek | Meksiko |
Vierde plek | Nigerië |
Toernooi-statistieke | |
Wedstryde gespeel | 8 |
Doele | 19 (2.38 per wedstryd) |
Bywoning | 165 000 (20 625 per wedstryd) |
Meeste punte | Luis García (3 doele) |
Beste speler | Brian Laudrup |
← 1992 1997 → |
Vyf kontinentale sokkerkampioene het koning Fahd se uitnodiging aanvaar en saam met die gasheer Saoedi-Arabië aan die toernooi deelgeneem, waarvolgens twee spanne meer aan dié toernooi deelgeneem het. Vervolgens kon dit vir die eerste keer met ’n groepfase afskop, waarop die uitklopfase gevolg het. Denemarke het die toernooi gewen nadat hulle die verdedigende kampioen Argentinië met 2–0 in die eindstryd geklop het. Meksiko het in die derde en Nigerië in die vierde plek geëindig.
Stadion
Al die wedstryde is gespeel op dieselfde stadion:
Riaad | Koning Fahd-beker in 1995 (Saoedi-Arabië) |
---|---|
Koning Fahd II-stadion | |
24°47′17.54″N 46°50′21.25″O | |
Kapasiteit: 67 000 | |
Opening: 1987 | |
Deelnemende spanne
Span | Konfederasie | Kwalifisering | Deelname |
---|---|---|---|
Saoedi-Arabië | AFC | Gasheerland | 2de |
Argentinië | CONMEBOL | Wenner van die Copa América-beker in 1993 | 2de |
Nigerië | CAF | Wenner van die Afrikanasiesbeker in 1994 | 1ste |
Denemarke | UEFA | Wenner van die UEFA Europa-beker in 1992 | 1ste |
Meksiko | CONCACAF | Wenner van die CONCACAF Goue-beker in 1993 | 1ste |
Japan | AFC | Wenner van die AFC Asië-beker in 1992 | 1ste |
Formaat
Die Koning Fahd-beker in 1995 is oor agt dae tussen ses verskillende nasies oor agt wedstryde uitgespeel. Dit het op 6 Januarie 1995 op die Koning Fahd II-stadion in Riaad met ’n wedstryd tussen die gasheer Saoedi-Arabië en Meksiko afgeskop. Die toernooi het geëindig by dieselfde stadion op 13 Januarie 1995 met die eindstryd tussen Denemarke en Argentinië, waartydens Denemarke die Koning Fahd-trofee ingepalm het.
Kalender
Die volgende tabel dui die Koning Fahd-beker in 1995 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase en ’n kakie blokkie op beide die bronseindstryd en die eindstryd wat op dieselfde dag beslis is.
|
|
Groepfase
Die Koning Fahd-beker in 1995 is deur ses nasionale sokkerspanne uitgespeel. Vir die groepfase is die ses deelnemende spanne in twee groepe van drie spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Drie punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens aangetekende doele gerangskik.
Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel:
- Drie wedstrydpunte vir ’n oorwinning;
- Een vir ’n gelykop;
- geen vir ’n nederlaag.
Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die derde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte. As twee spanne gelyk op punte was, is die rangorde deur hul aantal aangetekende doele bepaal. Die boonste span in albei groepe het na die eindstryd deurgedring, terwyl die naaswenner in albei groepe in die klein finale ontmoet het.
Uitklopfase
Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit twee wedstryde bestaan het: ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.
Beide die eindstryd en die kein finale moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná negentig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om die wenner te bepaal. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, 15 minute in elke rigting. As daar steeds nie ’n wenner was ná 120 minute nie, is die wenner deur ’n strafskopkompetisie bepaal.
Wedstryde
Kwalifiseer vir die eindstryd. |
Kwalifiseer vir die bronseindstryd. |
Uit die toernooi geskakel. |
Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase.
Groepfase
Ses spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die boonste span van albei groepe het in die eindstryd verskyn en die tweede span van albei groepe in die klein finale om die derde plek.
Groep A
Land | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Denemarke | 2 | 1 | 1 | 0 | 3 | 1 | +2 | 4 |
Meksiko | 2 | 1 | 1 | 0 | 3 | 1 | +2 | 4 |
Saoedi-Arabië | 2 | 0 | 0 | 2 | 0 | 4 | –4 | 0 |
6 Januarie 1995 18:15 AST | ||||
Saoedi-Arabië | 0–2 | Meksiko | Koning Fahd II-stadion, Riaad Toeskouers: 25 000 Skeidsregter: Salvador Imperatore (Chili) | |
Verslag | 65', 82' L. García |
8 Januarie 1995 00:00 AST | ||||
Saoedi-Arabië | 0–2 | Denemarke | Koning Fahd II-stadion, Riaad Toeskouers: 10 000 Skeidsregter: Lim Kee Chong (Mauritius) | |
Verslag | 43' B. Laudrup 90' Wieghorst |
10 Januarie 1995 00:00 AST | ||||
Meksiko | 1–1 (e.t.) | Denemarke | Koning Fahd II-stadion, Riaad Toeskouers: 20 000 Skeidsregter: Salvador Imperatore (Chili) | |
L. García 25' Strafskoppe Suárez Bernal Del Olmo L. García |
Verslag Strafskoppe 2–4 |
48' Rasmussen Strafskoppe Schjønberg M. Laudrup J. Høgh Rieper |
Groep B
Land | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Argentinië | 2 | 1 | 1 | 0 | 5 | 1 | +4 | 4 |
Nigerië | 2 | 1 | 1 | 0 | 3 | 0 | +3 | 4 |
Japan | 2 | 0 | 0 | 2 | 1 | 8 | –7 | 0 |
6 Januarie 1995 01:00 AST | ||||
Japan | 0–3 | Nigerië | Koning Fahd II-stadion, Riaad Toeskouers: 25 000 Skeidsregter: Ion Craciunescu (Roemenië) | |
Verslag | 4' Amuneke 55' Adepoju 65' Amokachi |
8 Januarie 1995 20:00 AST | ||||
Japan | 1–5 | Argentinië | Koning Fahd II-stadion, Riaad Toeskouers: 10 000 Skeidsregter: Rodrigo Badilla (Costa Rica) | |
Miura 57' | Verslag | 31' Rambert 45' Ortega 47', 86' (straf) Batistuta 54' Chamot |
10 Januarie 1995 01:00 AST | ||||
Nigerië | 0–0 | Argentinië | Koning Fahd II-stadion, Riaad Toeskouers: 20 000 Skeidsregter: Ali Bujsaim (VAE) | |
Verslag |
Klein finale (om die derde plek)
13 Januarie 1995 18:00 AST | ||||
Meksiko | 1–1 (e.t.) | Nigerië | Koning Fahd II-stadion, Riaad Toeskouers: 20 000 Skeidsregter: Ion Crăciunescu (Roemenië) | |
Ramírez 20' Strafskoppe García Aspe L. García Galindo Hermosillo Suárez |
Verslag Strafskoppe 5–4 |
31' Amokachi Strafskoppe Okocha Adepoju Eguavoen Iroha Amuneke |
Eindstryd
13 Januarie 1995 20:15 AST | ||||
Denemarke | 2–0 | Argentinië | Koning Fahd II-stadion, Riaad Toeskouers: 35 000 Skeidsregter: Ali Bujsaim (VAR) | |
M. Laudrup 8' (straf) Rasmussen 75' |
Verslag |
Koning Fahd-bekerwenner 1995 |
---|
Denemarke |
FIFA se terugwerkende ranglys
In 2017 het FIFA ’n verslag gepubliseer waarin al die deelnemende spanne van elke Sokker-Konfederasiebeker insluitende die destydse FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2017 geranglys is volgens vordering in die toernooi, algehele resultate en kwaliteit van die meedinger.[1] Die ranglys vir die 1995-toernooi is soos gevolg:
Rang | Span | Groep | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
1 | Denemarke | A | 3 | 2 | 1 | 0 | 5 | 1 | +4 | 7 |
2 | Argentinië | B | 3 | 1 | 1 | 1 | 5 | 3 | +2 | 4 |
3 | Meksiko | A | 3 | 1 | 2 | 0 | 4 | 2 | +2 | 5 |
4 | Nigerië | B | 3 | 1 | 2 | 0 | 4 | 1 | +3 | 5 |
In die groepfase uitgeskakel | ||||||||||
5 | Saoedi-Arabië | A | 2 | 0 | 0 | 2 | 0 | 4 | −4 | 0 |
6 | Japan | B | 2 | 0 | 0 | 2 | 1 | 8 | −7 | 0 |
Meeste doele aangeteken
Meeste doele aangeteken:
|
Verwysings
- (en) "Statistical Kit – FIFA Confederations Cup – FCC 2017 post event edition" (PDF). FIFA. 10 Julie 2017. Besoek op 27 Junie 2022.
Eksterne skakels
Wikimedia Commons bevat media in verband met Koning Fahd-beker in 1995. |