Komsomoletseiland

Komsomoletseiland (Russies: остров Комсомолец), die wêreld se 82ste grootste eiland en die sewende grootste eiland van Rusland na Sachalin, Sewerni-eiland, Joezjni-eiland, Kotelni-eiland, Oktoberrewolusie-eiland en Bolsjewik-eiland, beslaan 'n oppervlakte van 9 006 km². Die eiland is in die noorde van Rusland in die Arktiese Oseaan geleë en behoort administratief aan die Krasnojarsk-krai van die Siberiese Federale Distrik. Komsomoletseiland grens in die weste aan die Karasee en in die ooste aan die Laptefsee. Komsomoletseiland is die derde grootste eiland van Sewernaja Zemlja, na Oktoberrewolusie-eiland en Bolsjewik-eiland, en lê in die noorde van dié eilandgroep, met beide Oktoberrewolusie-eiland en Komsomoletseiland teen suide. Verder suid is die Siberiese vasteland geleë. Komsomoletseiland is onbewoon en amper twee derdes is met ys bedek; die res word deur toendra oorheers.

Krenkel-baai by Komsomoletseiland
Komsomoletseiland
Inheemse naam: остров Комсомолец
Nasa-Satellietbeeld van Komsomoletseiland
Nasa-Satellietbeeld van Komsomoletseiland
Geografie
LiggingNoord-Rusland, Arktiese Oseaan
Koördinate80°29′N 94°24′O
ArgipelSewernaja Zemlja

Oppervlakte9 006 vk km
Administrasie
Vlag van Rusland Rusland
Federale distrikSiberiese
Krai Krasnojarsk

Demografie
Bevolking0

Die wêreld se 82ste grootste eiland en die sewende grootste eiland van Rusland

Die eiland is in 1913 deur Boris Wilkizki ontdek en Swjataja Maria (Russies: Святая Мария; letterlik: "Sint Maria"), na 'n heilige van die Russies-Ortodokse Kerk, genoem. In 1926 is dit egter, op besluit van die Kommunistiese Party van die Sowjetunie (KPSU), na Komsomol, die jeugliga van die KPSU, genoem. In 2007 het 'n poging om weer na die ou naam terug te keer by die plaaslike parlement van die Krasnojarsk-krai misluk.[1]

Verwysings

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.