Komsberg
Die Komsberg is 'n bergreeks wat oos-wes strek oor die Noord-Kaap en Wes-Kaap grens. Dit is noord van die Moordenaarskaroo. Dit vorm deel van die eskarp en lĂȘ tussen die Roggeveldberge en Nuweveldberge; dit is 45 km lank en strek vanaf die Verlatenkloofpas tot by die Dwykarivierravyn.[1] Een van die sytakke van die Gouritsrivier, die Dwykarivier ontspring in die Komsberg. Die Komsbergpas gaan oor die berg. Die hoogste punt op die Komsberg is 1742 m hoog.
Sien ook
Bron
- Cape West: 2nd edition. A relief map of the most southerly part of Africa.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.