Kompasberg
Die Kompasberg is in die Sneeuberge in die Oos-Kaap, Suid-Afrika. Die piek is 2 502 m hoog, die hoogste punt in die Groot-Karoo. Die naam is in 1778 deur kolonel Jacob Gordon en goewerneur Joachim van Plettenberg gegee, wat die berg besoek het, aangesien die meeste van die aangrensende landskap van hierdie punt af opgemeet kon word. Die bergpiek is net noord van Nieu-Bethesda. Die Sondagsrivier ontspring naby die Kompasberg.
Kompasberg | |
---|---|
Ligging | Oos-Kaap, Suid-Afrika |
Hoogte | 2 502 meter bo seevlak |
Reeks | Sneeuberge |
Koördinate | 31°45′S 24°32′O |
![]() ![]() Kompasberg |
Sien ook
Bronne
- Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995. ISBN 1-86842-026-4
- Ensiklopedie van Suidelike Afrika. 1967. Eric Rosenthal.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.