Kompas (sterrebeeld)
Die Kompas (Latyn: Pyxis) is ’n klein, dowwe sterrebeeld in die suidelike hemelruim. Dit verteenwoordig ’n seeman se kompas. Die Kompas kan suid van 53 grade noord gesien word en is op sy sigbaarste van Januarie tot einde Maart.
Kompas | ||||
![]() | ||||
Latynse naam | Pyxis | |||
Genitief | Pyxidis | |||
Afkorting | Pyx | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 9h | |||
Deklinasie | -30º | |||
Grootte | 221 vk. grade (65ste) | |||
Kwadrant | SQ2 | |||
Besonderhede | ||||
Hoofsterre | 3 | |||
Helderste ster | Alpha Pyxidis | |||
Naaste ster | Gliese 318 | |||
Sterre helderder as 3 m | 0 | |||
Sterre met planete | 3 | |||
Messier-voorwerpe | 0 | |||
Bayer-/Flamsteed-sterre | 10 | |||
Aangrensende sterrebeelde | ||||
Noordelike Waterslang, Agterdek, Seile, Lugpomp | ||||
|
Dit is naby die drie sterrebeelde die Agterdek, Kiel en Seile geleë. Dié drie het eeue gelede een konstellasie, die skip van "Jason en die Argonoute" (Argo Navis), gevorm. In die 19de eeu het die sterrekundige John Herschel voorgestel dat die Kompas na die "Mas" hernoem word, maar dit is nooit gedoen nie.
Verwysings
- Ian Ridpath and Wil Tirion (2007). Stars and Planets Guide, Collins, Londen. ISBN 978-0-00-725120-9. Princeton University Press, Princeton. ISBN 978-0-691-13556-4.
Eksterne skakels
- Star Tales – Pyxis
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Kompas.
Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.