Kombuis-Duits
Kombuis-Duits (Duits: Küchendeutsch, Engels: Namibian Black German) is 'n kontaktaal of pidgin, wat vandag nog deur sowat 15 000 oorwegend bejaarde mense in Namibië gepraat word. Die term Kombuis-Duits verwys na die feit dat dit 'n doelbewus vereenvoudigde vorm van Duits is, wat ontwikkel is om die kommunikasie tussen Duitse setlaars en nie-Blankes in die voormalige kolonie Duits-Suidwes-Afrika te vergemaklik.
Kombuis-Duits Küchendeutsch | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Namibië | |
Totale sprekers: | 15 000 | |
Taalfamilie: | Germaans Wes-Germaans Hoog-Duits Duits Kombuis-Duits | |
Skrifstelsel: | Latyns (Duitse alfabet) | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: | ||
ISO 639-3: | — | |
Voorbeelde:
Kombuis-Duits | Duits | Afrikaans |
---|---|---|
Lange nicht sehen. | Lange nicht gesehen. | Lank nie gesien nie. |
Was Banane kosten? | Was kostet die Banane? | Wat kos die piesang? |
Herr fahren nicht Haus. | Der Herr fährt nicht nach Hause. | Die man (heer) ry nie huis toe nie. |
Spät Uhr. | Zu später Zeit. | Laat saans. |
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.