Kollegiale toetsing

Kollegiale toetsing (ook ewekniebeoordeling of portuurbeoordeling) is ’n proses van selfregulering in ’n werk of ’n proses van evaluering wat gekwalifiseerde indiwidue in die relevante studiearea insluit. Kollegiale toetsingsmetodes word gebruik om standaarde te behou, prestasie te verbeter en geloofwaardigheid te verleen. In die akademie word kollegiale toetsing dikwels gebruik om die werkstuk van ’n akademikus se geskiktheid vir publikasie te bepaal.

Terminologie

Kollegiale toetsing kan gekategoriseer word volgens die tipe aktiwiteit en deur die studiearea of beroep waarbinne die aktiwiteit plaasvind.

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.