Kokospalm
Die kokospalm of klapperboom (Cocos nucifera) hoort tot die palmfamilie (Palmae of Arecaceae). Dit is die enigste spesie in die genus Cocos, 'n sogenaamde monotipiese geslag.
Kokospalm Cocos nucifera | |
---|---|
Kokospalm (Cocos nucifera) | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | Monocots[1] |
(geen rang): | Commelinids |
Orde: | Arecales |
Familie: | |
Subfamilie: | Arecoideae |
Tribus: | Cocoeae |
Genus: | Cocos |
Spesie: | C. nucifera |
Binomiale naam | |
Cocos nucifera | |
Die endokarp van die vrug, met die kiemopening, lyk soos die gesig van 'n aap, wat in Portugees "coco" genoem word. Die palm kan tot 30 m hoog word en het 4–6 m lange blare. Die ou blare val af, maar die bladvoete bly sit en vorm so die stam. Die stam is 'n skynstam, omdat dit nie op die gewone wyse gevorm word soos by 'n boom nie, maar deur die opstapeling van die bladvoete.
Sien ook
- Klappermelk, 'n produk gemaak van die kokospalmvrug.
Verwysings
- Hahn, William J. (1997) Arecanae: The palms.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wikipedia vertaal. |
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.