Koffiebaai
Koffiebaai is 'n oord by die mond van die Nengarivier (rivier van die walvis) aan die Indiese Oseaan in die voormalige Transkeistreek van die Oos-Kaap, Suid-Afrika, sowat 250 km suid van Durban. Daar woon ongeveer 258 mense.[1] Die dorp word met die N2-nasionale pad verbind met die R411-streeksroete.
Koffiebaai (Coffee Bay) | |
---|---|
![]() Foto van Koffiebaai | |
![]() ![]() Koffiebaai ![]() | |
Koördinate: 31°58′S 29°09′O | |
Land | ![]() |
Provinsie | Oos-Kaap |
Distrik | O.R. Tambo |
Munisipaliteit | King Sabata Dalindyebo |
Stigting | 1874 |
Oppervlak | |
• Totaal | 0,64 km2 (0,25 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 258 |
• Digtheid | 403/km2 (1 040/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 20.9% |
• Indiërs/Asiërs | 2.8% |
• Bruin mense | 3.5% |
• Swart mense | 73.3% |
• Ander | 2.7% |
Taal (2011) | |
• Xhosa | 65.5% |
• Engels | 22.9% |
• Afrikaans | 7.4% |
• Ander | 4.2% |
Poskode (strate) | 5082 |
Skakelkode | 047 |
Die dorp het sy naam gekry toe 'n skip vol koffiebone hier in 1863 gestrand het. Baie koffieplante het daarna in die volgende jaar opgekom. Die bekende Gat-in-die-muur natuurverskynsel is 8 km suid van Koffiebaai.
Sien ook
Verwysings
- "Hoofplek Koffiebaai". Sensus 2011.
Bronne
- B.P.J. Erasmus: Op Pad in Suid-Afrika. 1995. ISBN 1-86842-026-4
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.