Koffervis

Die Koffervis (Ostracion cubicus) is 'n vis wat slegs aan die ooskus van Suid-Afrika en Mosambiek voorkom en wel vanaf die Transkei. In Engels staan die vis bekend as die Boxy.

Koffervis
'n Koffervis aan die Soelawesiese kus
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Familie:
Genus:
Ostracion
Spesie:
O. cubicus
Binomiale naam
Ostracion cubicus
Linnaeus, 1758
Koffervis te Taba, Rooisee.

Voorkoms

Dit is 'n vierkantige vis wat soos 'n boks lyk. Onvolwassenes is geel met swart kolle. Volwasse wyfies is geel met wit kolle wat swart rande het terwyl die mannetjies olyfkleurig tot blou is met wit kolle en donker rande.

Habitat

Die vis kom voor in vlak rots- en koraalriwwe en word 45 cm groot. Die Koffervis skei 'n gifstof af wanneer hy bedreig word.

Sien ook

Bronne

  • Sea Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst & Dennis King. 2006. ISBN 978-1-77007-345-6
  • Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007. ISBN 978-1-77009-215-0

Eksterne skakel

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.