Koekoeke

Die koekoeke (Cuculidae) is 'n familie van voëls wat aan die orde van koekoekvoëls (Cuculiformes) behoort. Die familie omvat nagenoeg 26 genera met 146 spesies.[1]

Koekoeke
Guira guira
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Cuculidae

Vigors, 1825
Genera

Omtrent 26, sien teks.

Koekoeke is skraal voëls met 'n lang stert, gekromde snawel en gepunte vlerke. Hulle kom in bykans alle gematigde en warmer streke van die wêreld voor.

Sommige van die spesies is broeiparasiete wat nie hulle eie kuikens grootmaak nie. Wyfies van hierdie spesies lê hul eiers in ander spesies se neste. Hierdie eiers lyk gewoonlik baie soos die van die spesies wat hulle uitbuit. Die koekoeke se eiers broei dan gewoonlik eerste uit, waarna hulle hul pleegouers se eie eiers uit die nes skop om sodoende meer voedsel vir hulself te verseker. Teen die tyd wat hulle die nes verlaat, is hulle dikwels groter as hul pleegouers.[2]

Fossiele van koekoeke vanuit die laat Eoseen is in Europa en Noord-Amerika gevind.

Taksonomie

Nie-parasitiese koekoeke

  • Genus Guira (1 spesie)
  • Genus Crotophaga (3 spesies)
  • Genus Tapera (1 spesie)
  • Genus Dromococcyx (2 spesie)
  • Genus Morococcyx (1 spesie)
  • Genus Geococcyx (2 spesie)
  • Genus Neomorphus (5 spesie)
  • Genus Coccycua (3 spesies)
  • Genus Piaya (2 spesie)
  • Genus Coccyzus (13 spesie)

Loeries:

  • Genus Centropus (meer as 25 spesies van loeries)

Grondkoekoeke:

  • Genus Carpococcyx (3 spesies van grondkoekoeke)
  • Genus Coua (9 spesies)
  • Genus Rhinortha (1 spesie)
  • Genus Ceuthmochares (2 spesie)
  • Genus Taccocua (1 spesie)
  • Genus Zanclostomus (1 spesie)
  • Genus Rhamphococcyx (1 spesie)
  • Genus Phaenicophaeus (6 spesie)
  • Genus Dasylophus (2 spesies)

Broeiparasiete

Subfamilie cuculinae

  • Genus Pachycoccyx (1 spesie)
  • Genus Microdynamis (1 spesie)
  • Genus Eudynamys (3 spesie)
  • Genus Urodynamis (1 spesie)
  • Genus Scythrops (1 spesie)
  • Genus Chrysococcyx (13 spesie)
  • Genus Cacomantis (10 spesie)
  • Genus Cercococcyx (drie spesie)
  • Genus Surniculus (4 spesie)
  • Genus Hierococcyx (8 spesie)
  • Genus Cuculus (11 spesie)

Geslagte

  • Genus Cursoricoccyx
  • Genus Dynamopterus
  • Genus Eocucculus
  • Genus Nannococcyx
  • Genus Neococcyx

Spesies

  • Coua delalandei

Sien ook

Verwysings

  1. Gill, F., Wright, M. & Donsker, D. (2012). IOC World Bird Names (weergawe 3.2.). (en)
  2. Birkhead, T.R. (2011). "Internal incubation and early hatching in brood parasitic birds". Proc. R. Soc. B. 278 (1708): 1019–1024. doi:10.1098/rspb.2010.1504. {{cite journal}}: Onbekende parameter |coauthors= geïgnoreer (hulp)
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.