Koeds-mag

Die Koeds-mag (Engels: Quds Force; Persies: سپاه قدس sepāh-e qods) is 'n eenheid in Iran se Islamitiese Revolusionêre Wagkorps (IRGC) wat spesialiseer in onkonvensionele oorlogvoering[1] en militêre intelligensie-operasies. Verantwoordelik vir operasies buite Iran, ondersteun die Koeds-mag niestaatsrolspelers in baie lande, insluitend die Libanese Hezbollah, Hamas, die Palestynse Islamitiese Jihad in die Gazastrook en die Wesoewer, die Jemenitiese Houthi's, en die Sjia-milisies in Irak, Sirië en Afghanistan.[1]

Ontleders skat dat die Koeds-mag 10 000 tot 20 000 lede het.[2] Die Koeds-mag rapporteer direk aan die opperleier van Iran, Ayatollah Ali Khamenei.[3][4] Dit was deur generaalmajoor Qasem Soleimani aangevoer totdat hy op 3 Januarie 2020 deur 'n Amerikaanse hommeltuig-teikenaanval op Bagdad Internasionale Lughawe gesterf het.[5][6][7] Brigadier-generaal Esmail Ghaani is op dieselfde dag aangestel as bevelvoerder van die Koeds-mag.[8]

Verwysings

  1. Operational Environment Assessment (OEA) Team (April 2010). "Operational Environment Assessment: Iran". written at Ft. Leavenworth, KS. TRADOC Intelligence Support Activity (TRISA)-Threats, US Army. https://community.apan.org/wg/tradoc-g2/ace-threats-integration/m/documents/212529/download.
  2. Filkins, Dexter| "The Shadow Commander Geargiveer 28 Junie 2014 op Wayback Machine"| The New Yorker, 30 September 2013.
  3. Dionisi, 7
  4. "Iran demands nationals' release" (in Engels). BBC News. 14 Januarie 2007. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Januarie 2020. Besoek op 14 Februarie 2007.
  5. "Iran's Soleimani and Iraq's Muhandis killed in U.S. air strike: militia spokesman". Reuters (in Engels). 3 Januarie 2020. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 April 2020. Besoek op 3 Januarie 2020.
  6. "Iraqi state TV, officials: Gen. Soleimani, the head of Iran's elite Quds force, has been killed in an airstrike". The San Diego Union Tribune. 3 Januarie 2020. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Januarie 2020. Besoek op 3 Januarie 2020.
  7. Crowley, Michael; Hassan, Falih; Schmitt, Eric (2 Januarie 2020). "U.S. Strike in Iraq Kills Qassim Suleimani, Commander of Iranian Forces". The New York Times (in Engels (VSA)). ISSN 0362-4331. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Mei 2020. Besoek op 3 Januarie 2020.
  8. "Iran names deputy commander of Quds force to replace Soleimani after killing". CNBC (in Engels). 3 Januarie 2020. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Maart 2020. Besoek op 3 Januarie 2020.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.
   
Klik vir info oor hierdie sjabloon.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.