Knesset
Die Knesset (Hebreeus: כנסת – HaKeneset, letterlik: die vergadering of die samekoms) is die volksverteenwoordiging van die Staat Israel. Die gebou van die Knesset lê in Israel se hoofstad Jerusalem.
Die parlement bestaan uit 120 lede, waaronder 'n voorsitter. Die lede geniet immuniteit en word volgens eweredige verteenwoordiging verkies. Die huidige voorsitter is Amir Ohana van die Likud-party.
Die wetgewende mag berus by die Knesset, wat onderverdeel is in kommissies. 'n Nuwe regering moet goedgekeur word deur die volksverteenwoordiging en ook kies die Knesset die president. Die lede van die regering is daarbenewens lid van die parlement (die huidige regering is die Netanyahu VI-kabinet).
Die Knesset mag sig ontbind en nuwe verkiesings uitskryf.
Onglangse geskiedenis
Op 9 April 2019 was die verkiesings vir die 21ste Knesset gewees. Die verkiesings was gewen deur die Likoed, op die voet gevolg deur die nuweling Blou en Wit. Veral die Arbeidsparty en Kulanu het baie verloor. In die algemeen kan word gesê dat die regs-nasionalistiese partye het gewen. Op 30 April 2019 was die 21ste Knesset ingesweer.
Die premier Benjamin Netanyahu se poginge om 'n nuwe regering te vorm het misluk. Daarom was op 17 September 2019 nuwe verkiesings vir die 22ste Knesset gehou. Op 3 Oktober 2019 was die 22ste Knesset ingesweer. Weer het Netanyahu tevergeefs geprobeer 'n nuwe regering te vorm. Opposisieleier Benny Gantz het toe tevergeefs geprobeer 'n nuwe kabinet te maak.
Daarom was op 2 Maart 2020 verkiesings vir die 23ste Knesset gehou, wat op 16 Maart was ingesweer. Netanyahu het daarna met Gantz 'n regering gevorm maar die was in Desember oor die begroting geval.
Sodoende was op 23 Maart 2021 die verkiesings vir die 24ste Knesset gehou, wat deur Likoed was gewen. Die nuwe Knesset was op 6 April ingesweer en die Bennett-Lapid-kabinet was in Junie 2022 saamgestel.
Op 1 November 2022 is die verkiesings vir die 25ste Knesset gehou. Die nuwe Knesset is op 15 november ingesweer en die Netanyahu VI-kabinet is op 29 Desember 2022 saamgestel.
Verkiesings
Party | Vertaling | Posisie | Gebruiklike naam | 2022 (25ste Knesset) | 2021 (24ste Knesset) | 2020 (23ste Knesset) | 2019 sept (22ste Knesset) |
2019 april (21ste Knesset) |
2015 (20ste Knesset) |
2013 (19de Knesset) |
2009 (18de Knesset) |
2006 (17de Knesset) | |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
HaLikud | Die Eenheid | Regs-nasionalisties, liberaal | Likoed | 32 | 30 | 35 | 32 | 35 | 30 | 18 | 27 | 12 | |
Yesh Atid | Daar Is 'n Toekoms | Midde | Yesh Atid | 24 | 17 | 16 | 13 | 15 | 11 | 19 | |||
HaIchud HaLeumi-Tkuma -> HaTzionut HaDatit | Nasionale Unie-Tkuma -> Religieuse Sionistiese Party | Regs-nasionalisties, religieus | Tkuma -> Religieuse Sionistiese Party | 14 | 6 | 2 | 2 | 2 | |||||
HaMaḥane HaMamlakhti | Party van Nasionale Eenheid | Midde-nasionalisties | Party van Nasionale Eenheid | 12 | |||||||||
Kahol Lavan | Blou en Wit | Midde-nasionalisties | Blou en Wit | 8 | 8 | 33 | 33 | 35 | |||||
Hosen L'Yisrael | Veerkragtigheid Israel | Midde-nasionalisties | Veerkragtigheid Israel | 8 | 8 | 12 | 14 | 14 | |||||
Tikva Hadasha | Nuwe Hoop | Liberaal, nasionalisaties | Nuwe Hoop | 4 | 6 | ||||||||
Shas | Sefardiese Torah Wagters | Ultra-Ortodoks (Sefardies) | Shas | 11 | 9 | 9 | 9 | 8 | 7 | 11 | 10 | 12 | |
Yahadut HaTorah HaMeuḥedet [1] | Verenigde Torah Jodedom | Ultra-Ortodoks (Asjkenasies) | Verenigde Torah Jodedom | 7 | 7 | 7 | 7 | 8 | 6 | 7 | 5 | 6 | |
Agudat Yisrael | Bond van Israel | Religieus (Asjkenasies), Chassidies | Agudat Yisrael | 4 | 3 | 3 | 4 | 4 | 3 | 4 | 3 | 3 | |
Degel HaTorah | Vlag van die Thora | Religieus (Asjkenasies), Mitnagdies | Degel HaTorah | 3 | 4 | 4 | 3 | 4 | 3 | 3 | 2 | 3 | |
Yisrael Beiteinu | Israel Ons Huis | Regs-nasionalisties, sekulêr | Yisrael Beiteinu | 6 | 7 | 7 | 8 | 5 | 6 | 13 | 15 | 11 | |
Ra'am | Verenigde Arabiese Lys | Arabies, Islamisties | Ra'am | 5 | 4 | 4 | 3 | 2 | 3 | 3 | 3 | 3 | |
Hadash | Arabiese Front voor Vrede en Gelykheid | Arabies, links (Kommunisties) | Hadash | 4 | 3 | 5 | 5 | 4 | 5 | 4 | 4 | 3 | |
Ta'al | Arabiese Beweging voor Vernuwing | Arabies, sekulêr | Ta'al | 1 | 2 | 3 | 2 | 2 | 2 | 1 | 1 | 1 | |
HaAvoda | Die Arbeidsparty | Links (Sosiaaldemokraties) | Arbeidsparty | 4 | 7 | 2 | 5 | 6 | 19 | 15 | 8 | 19 | |
Yamina | Regs | Regs-nasionalisties, (religieus) | Yamina | 7 | 6 | 7 | |||||||
HaYamin HeHadash | Nuwe Regs | Regs-nasionalisties | Nuwe Regs | 7 | 3 | 3 | |||||||
al-Qa'imah al-Mushtarakah / HaReshima HaMeshutefet | Arabies | Gesamentlike Lys | 6 | 15 | 13 | 13 | |||||||
Meretz | Vitaliteit | Links, sekulêr | Meretz | 6 | 4 | 3 | 4 | 5 | 6 | 3 | 5 | ||
Balad | Nasionaal-Demokratiese Vergadering | Arabies, links (Sosialisties) | Balad | 1 | 3 | 3 | 2 | 3 | 3 | 3 | 3 | ||
HaAvoda-Gesher-Meretz | Midde-links | Arbeidsparty-Gesher-Meretz | 7 | ||||||||||
Telem | Midde-nasionalisties | Telem | 5 | 5 | 5 | ||||||||
HaBayit HaYehudi | Die Joodse Huis | Regs-nasionalisties, religieus | Die Joodse Huis | 1 | 2 | 3 | 8 | 12 | 3 | ||||
Gesher | Midde | Gesher | 1 | 1 | |||||||||
Kulanu | Ons Alle | Midde-regs | Kulanu | 1 | 4 | 10 | |||||||
HaAvoda-Gesher | Midde-links | Arbeidsparty-Gesher | 6 | ||||||||||
HaMaḥaneh HaDemokrati | Links | Demokratiese Unie | 5 | ||||||||||
Ihud Miflagot HaYamin | Unie van Regtervleuel Partye | Regs-nasionalisties, religieus | Unie van Regtervleuel Partye | 4 | 5 | ||||||||
onafhanklik | 1 | 1 | |||||||||||
HaTnu'a HaYeruqa | Groene Beweging | 1 | |||||||||||
Yisrael Demokratit | Israel Demokratiese Party | 1 | |||||||||||
HaMaḥaneh HaẒiyoni | Midde-links | Sionistiese Unie | 24 | ||||||||||
Hatnuah | Die Beweging | Midde-links | Hatnuah | 5 | 6 | ||||||||
Kadima | Voorwaarts | Midde | Kadima | 2 | 28 | 29 | |||||||
Ha'Atzma'ut | Onafhanklik | Midde-links | Onafhanklik | 5 | |||||||||
Halchoed HaLe'oemie | Nasionale Unie | Regs-nasionalisties | Nasionale Unie | 4 | |||||||||
Am Shalem | Gehele Nasie | Sekulêr-religieus | Gehele Nasie | 1 | |||||||||
Halchoed HaLe'oemie – Mafdal | Nasionale Unie – Nasionaal-Religieuse Party | Regs-nasionalisties, religieus | Nasionale Unie – Nasionaal-Religieuse Party | 9 | |||||||||
Gil | Mense wat op pensioen is in die Knesset | Ouere | Gil | 7 | |||||||||
Totaal | 120 | 120 | 120 | 120 | 120 | 120 | 120 | 120 | 120 | ||||
Notas:
- 2022: Tkuma -> Religieuse Sionistiese Party (7 s.) (+ Otzma Yehudit (6 s.) en Noam (1 s.))
- 2022: Party van Nasionale Eenheid (12 s.): Kahol Lavan/Hosen L'Ysrael (8 s.) en Nuwe Hoop (4 s.)
- 2022: Gesamenlike lys van Hadash (4 s.) met Ta'al (1 s.)
---
- 2021: Kahol Lavan (8 s.): Hosen L'Ysrael.
- 2021: Gesamentlike Lys (6 s.): Hadash, Balad en Ta'al.
- 2021: Yamina (7 s.): Nuwe Regs
---
- 2020: Likoed (36 s.): Likoed (35 s.) en Kulanu (1 s.).
- 2020: Kahol Lavan (33 s.): Yesh Atid, Hosen L'Ysrael en Telem.
- 2020: Gesamentlike Lys (15 s.): Hadash, Ra'am, Balad en Ta'al.
- 2020: HaAvoda-Gesher-Meretz (7 s.): Meretz, HaAvoda en Gesher.
- 2020: Yamina (6 s.): Nieu Regs, Tkuma en Die Joodse Huis.
---
- 2019 sept: Kahol Lavan (33 s.): Hosen L'Ysrael, Yesh Atid, Telem en onafhanklik.
- 2019 sept: Gesamentlike Lys (13 s.): Hadash, Balad, Ra'am en Ta'al.
- 2019 sept: Yamina (7 s.): Nieu Regs en Unie van Regtervleuel Partye.
- 2019 sept: Unie van Regtervleuel Partye (4 s.): Die Joodse Huis en Tkuma.
- 2019 sept: HaAvoda-Gesher (6 s.): HaAvoda en Gesher.
- 2019 sept: Demokratiese Unie (5 s.): Meretz, Groene Beweging en Israel Demokratiese Party.
---
- 2019 april: Kahol Lavan (35 s.): Hosen L'Ysrael, Yesh Atid, Telem en onafhanklik.
- 2019 april: Unie van Regtervleuel Partye (5 s.): Die Joodse Huis en Tkuma.
- 2019 april: Gesamenlike lys van Hadash (4 s.) met Ta'al (2 s.).
- 2019 april: Gesamenlike lys van Balad (2 s.) met Ra'am (2 s.).
---
- 2015: Sionistische Unie (24 s.): Arbeidsparty en Hatnuah.
- 2015: Gesamentlike Lys (13 s.): Hadash, Balad, Ra'am en Ta'al.
---
- 2013: Gesamentlike lys van Likoed met Yisrael Beitenu (31 s.).
---
- 2009: Arbeidsparty: 13 oorspronklik, 5 na Onafhanklik.
- 2009: Shas: 11 oorspronklik, 1 na Gehele Nasie.
---
- alle jare: Verenigde Torah Jodedom: Agudat Yisrael en Degel HaTorah.
Sien ook
Verwysings
- Dikwels aangedui as Yahadut HaTorah.
Beelde
- Die Knesset van buite
- Die Knesset van binne
- Eerste Minister Benjamin Netanyahu (Likoed)
- Opposisieleier Yair Lapid (Yesh Atid)
Bronnelys
- Members of Knesset, Knesset se website
- Elections and Parties, The Israel Democracy Institute
Eksterne skakels
Wikimedia Commons bevat media in verband met Die Knesset. |
- (en) Amptelike webtuiste van die Knesset
- (en) Oorsig van alle verkose Knessets, die Knesset se webtuiste.
- (en) Alle (huidige en voormalige) lede van die Knesset, die Knesset se webtuiste.
- (en) Oorsig van die Knesset se voorsitters, die Knesset se webtuiste.