Klossie-suikerbos
Die klossie-suikerbos (Protea intonsa) is 'n blomdraende struik wat aan die bekende Proteagenus behoort. Die plant is endemies aan Suid-Afrika en kom voor in die oostelike Swartberg, Kammanassieberge en Baviaanskloofberge waar dit deel van die fynbos-bioom is. Die struik is klein, dwergagtig en word slegs 30 cm hoog en blom hoofsaaklik van September tot November.
Klossie-suikerbos | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | P. intonsa |
Binomiale naam | |
Protea intonsa Rourke, 1971 | |
Die plant vrek in 'n brand, maar die sade oorleef. Die saad word in 'n doppie geberg, na twee jaar vrygelaat en deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van knaagdiere. Die plant groei in droƫ oop berghellings op hoogtes van 1 000 - 1 600 m.
In Engels staan dit as die Tufted sugarbush bekend.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.