Klipwerf
Klipwerf is ’n bekende Suid-Afrikaanse musiekgroep wat boeremusiek speel. Die groep is in 1969 gestig deur Hentie Visagie en sy seuns, Johann en Kobus, saam met Nicol Louw. Hulle eerste album is eers in 1988 opgeneem (20 jaar ná stigting). Huidige lede is: Kobus Visagie (klawerbord), Genè van Niekerk (klawerbord), Johnny Dreyer (tromme) en Willie Burger (kitaar).
Klipwerf | |
---|---|
Genres | Boeremusiek |
Jare aktief | 1969 – nou |
Webwerf | klipwerf |
Lede | Kobus Visagie Genè van Niekerk Johnny Dreyer Willie Burger[1] |
Gewese lede | Hentie Visagie Johann Visagie Nicol Louw Wernich Nagel Johannes v/d Colff Pieter van Loggerenberg Abie Lourens Willem Nel Theunis Nel Edwin Bradley[2] |
In 2010 ontvang hulle ’n SAMA-toekenning in die kategorie beste Afrikaanse tradisionele musiek vir Hantam Carnival.[3]
Diskografie
Van Klipwerf se albums sluit in:
- Kom Kuier in die Hantam, 1988
- Hantam Vrolikheid, 1990
- Hantam Opskop, 1991
- Hantam Klanke, 1992
- Hantam Jolyt, 1993
- Hantam Berge, 1994
- Hantam Lapland, 1995
- Hantam Skoffel, 1996
- Hantam Drafstap, 1997
- Hantam Kapperjolle, 1998
- Hantam Bokkie, 1999
- Hantam Deurnag, 2000
- Hantam Moedskep, 2001
- Beste van Klipwerf, 2002
- Hantam Wikkel, 2003
- Loof Hom, 2003 UNIVERSAL
- Hantam Pennies, 2004
- Prys Hom, 2004
- Dans In Die Hantam, 2005
- Hantam Warmvat, 2005
- By Die Kruis, 2006 UNIVERSAL
- Hantam Vleisfees – Die DVD, 2006 UNIVERSAL
- Hantam Kwêla, 2006 UNIVERSAL
- Hantam Blokkies, 2007 UNIVERSAL
- Hantam Toeka, 2008
- Gebed, 2008 UNIVERSAL
- Hantam Carnival – 40 Jaar, 2009 UNIVERSAL
- Hantam Leplek, 2010
- Hantam Nostalgie, 2011
- Hantam Tydloos, 2015
- Hantam Unplugged, 2015
- Hantam Gatskop, 2015
- 50 Jaar Se Hoogtepunte, 2018
- Hantam Dis Die Lewe, 2019
Verwysings
- "Klipwerf-lede". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Maart 2019. Besoek op 22 Maart 2017.
- "Klipwerf Biografie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Augustus 2019. Besoek op 22 Maart 2017.
- Afrikaanse kunstenaars tops by Samas Geargiveer 21 April 2010 op Wayback Machine, Nuus24, besoek op 18 Maart 2010.
Sien ook
Eksterne skakels
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.