Kliptown
Kliptown is 'n voorstad van Soweto in Gauteng, Suid-Afrika, geleë ongeveer 17 km suid-wes van Johannesburg. Die bevolking van Kliptown is tussen 38 000 en 45 000.[1] Kliptown is die oudste residensiële voorstad van Soweto en word in 1891 uitgelê op grond wat deel vorm van die Klipspruitplaas. Die plaas is vernoem na die Klipspruit wat naby die plaas verbyvloei. Sedert 1903 bewoon plakkergemeenskappe die gebied en bestaan vandag uit 'n mengsel van formele en informele huise waaronder ook die Chris Hani- en Dlamini-nedersettings.
Kliptown | |
---|---|
Kliptown | |
Koördinate: 26°16′18″S 27°53′16″O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Gauteng |
Metropolitaanse Munisipaliteit | Johannesburg |
Oppervlak | |
• Totaal | 0,77 km2 (0,30 vk. myl) |
Hoogte | ,48,08 m (1,57 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 7 548 |
• Digtheid | 9 800/km2 (25 000/vk. myl) |
Tydsone | UTC+2 (SAST) |
Poskode | 1812 |
Skakelkodes | 011 |
In Junie 1955 was Kliptown die tuiste van die Congress of the People, georganiseer deur die African National Congress, die South African Indian Congress, die South African Congress of Democrats en die Coloured People's Congress. Tydens hierdie byeenkoms word die Vryheidsmanifes aanvaar en bekendgestel. Die Vryheidsmanifes het doelwitte en aspirasies van die opponente teen apartheid uitgespel.
In 2005 het die Johannesburgse Metroraad planne aangekondig vir die hernuwing van die Kliptown area, insluitende 'n grootskaalse behuisingsprojek.
Verwysings
- Musiker, N. en R., 1999. A Concise Historical Dictionary of Greater Johannesburg, Francolin Publishers, Kaapstad.
- Johannesburg Stadsraad Geargiveer 16 Julie 2006 op Wayback Machine
- Stadsraad van Johannesburg amptelike webblad