Kliprivier, Gauteng
Die Kliprivier in Gauteng is 'n sytak van die Vaalrivier. Die rivier ontspring aan die suidekant van Roodepoort, vloei suidwaarts aan die westekant van Soweto verby en kruis die N12 nasionale pad. Nou swaai die rivier oos, gaan verby Lenasia, kruis die N1 nasionale pad, vloei verby Eikenhof en swaai dan suid. Die rivier kruis die R59 hoofweg, hou suid, gaan verby Henley-on-Klip, Meyerton, deur Vereeniging voor dit by die Vaalrivier aansluit. Die rivier is erg besoedel maar kanovaart word steeds op die rivier beoefen.
- Vir ander riviere genaamd Kliprivier, sien Kliprivier.
Kliprivier, Gauteng | |
---|---|
![]() Die Kliprivier by Henley-on-Klip. | |
Stroomgebied | Gauteng |
Hoofrivier | Vaalrivier |
Oorsprong | Roodepoort |
Monding | Vaalrivier, Vereeniging |
Monding-hoogte | 1 424 m |
![]() ![]() Kliprivier, Gauteng |
|
Koördinate: 26°40′15″S 27°57′15″O |
Fotogalery
Kliprivier, Gauteng | |||||||||
|
Bron
- South Africa Road Atlas. MapStudio. ISBN 978-1-77026-154-9
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.