Kliplikkewaan

Die kliplikkewaan (Varanus albiguralis) is 'n likkewaan wat voorkom oor feitlik die hele Suid-Afrika met die uitsondering van die westelike gedeeltes. Die reptiel leef in ruigtes, boomveld en koppies.

Kliplikkewaan
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Suborde:
Scleroglossa
Familie:
Genus:
Subgenus:
V. (Polydaedalus)
Spesie:
V. albigularis
Binomiale naam
Varanus albigularis
Daudin, 1802[1][2]

Voorkoms

'n Kliplikkewaan naby die Letaba-kamp in die Krugerwildtuin
Kliplikkewaan naby Pafuri in die Krugerwildtuin

Die likkewaan word 100 – 150 cm lank en weeg 12 – 15 kg; dit is 'n massiewe droëgrondakkedis met 'n geronde snoet. Die volwasse likkewaan se rugkant is grysbruin, die pens bleekgeel met donker kolle en dwarsstrepe. Die onvolwasse likkewaan is helderder van kleur.

Een van sy natuurlike vyande is die breëkoparend.

Bron

  • Natuurlewe van Suid-Afrika Duncan Butchart Struik Nature 2012 ISBN 978-1-4317-0248-0

Verwysings

  1. Daudin, F. M. (1802). Histoire Naturelle, génerale et particulièredes reptiles, ouvrage faisant suite, a l'histoiure naturelle, générale et particulière composée par LECLERC DE BUFFON, et redigée par C. S. SONNINI, vol. 3. F. Dufart, Paris.
  2. "Varanus albigularis". Integrated Taxonomic Information System. Besoek op 22 Augustus 2008.

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.