Kliklangtoonpadda

Die kliklangtoonpadda (Strongylopus grayii) is endemies aan Suid-Afrika. Die padda kom voor aan die kusgebiede van Suid-Afrika. Hulle kom ook voor in die Laeveld. Hulle vreet hoofsaaklik insekte. Die padda is 4 – 5 cm lank en leef aan die oewers van strome en poele in berg en kusgrasveld of fynbos. Die padda is vaartbelyn met 'n skerppuntsnoet. Die agterpote is baie lank en dun met die tone net effens geweb. Die rugkleur wissel en is gewoonlik bedek met 'n dun middelstreep. Die pens is effens wit.

Kliklangtoonpadda
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Ranidae
Genus:
Strongylopus
Spesie:
S. grayii
Binomiale naam
Strongylopus grayii

Bron

  • Natuurlewe van Suid-Afrika Duncan Butchart Struik Nature 2012 ISBN 978 1 43170 248 0

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.