Kleinwitreier
Die kleinwitreier (Egretta garzetta) is 'n algemene standvoël en plaaslike nomade by watermassas, riviermondings en langs die kus. In Engels staan die voël bekend as die Little Egret.
Kleinwitreier | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Egretta |
Spesie: | E. garzetta |
Binomiale naam | |
Egretta garzetta Linnaeus, 1766 | |
Verspreiding Teelreeks Die hele jaar deur Winterreeks |
Identifikasie
Die voël is 55 tot 65 cm lank en weeg 450 tot 600 gram. Die reier is wit met 'n swart snawel en bene terwyl die tone geel is. Dit verskil van die Westelike kusreier omrede die snawel effens dunner en korter is. Dit het ook nie geel lorum op die snawelbasis soos die sneeuwitreier nie. Daar is wel ouderdom verwante variasie by die voël: die broeiende volwasse voël het roomkleurig oë, ligpers gesig, langwerpige pluime op die agterkop, mantel en voornek. Die pote is ook rooi aan die begin van die broeityd. Nie-broeiende volwasse voëls het nie pluime nie, die oë is geel en die gesig is grysgroen. Die jong voël het 'n groenerige snawelbasis, valer geel tone en grysgroen onderbene.
Die voëls broei koloniaal, gewoonlik saam met ander reiers, duikers en ibisse. Hulle jag visse in vlak water en gebruik dikwels ander voëls of diere om visse te verskrik of aan te keer.
Fotogalery
- 'n Ei van die kleinwitreier.
- 'n Kleinwitreier in Epirus, Griekeland.
- 'n Kleinwitreier in die Noordelike Gebied, Australië.
Sien ook
Verwysings
- BirdLife International (2008). Egretta garzetta. 2008 IUBN Rooi Lys van bedreigde spesies. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur 2008. Verkry op 9 Februarie 2009.
Bronnelys
- Newman se Voëls van Suider-Afrika, ISBN 1868729826
- Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011. ISBN 978-1-77007-928-1
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Kleinwitreier.
- Wikispecies het meer inligting verwant aan Kleinwitreier