Kleinkop-vlieënde vis

Die kleinkop-vlieënde vis (Cheilopogon pinnatibarbatus altipennis) is 'n vis wat wêreldwyd en in Suid-Afrika vanaf Kaapstad tot by Kosibaai voorkom. Die vis vermy tropiese areas. In Engels staan die vis bekend as die Smallhead flyingfish.

Kleinkop-vlieënde vis
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Familie:
Genus:
Cheilopogon
Spesie:
C. p. altipennis
Binomiale naam
Cheilopogon pinnatibarbatus altipennis
(Valenciennes, 1847)

Voorkoms

Die uitstaande kenmerk is die lang pektorale vinne wat amper tot by die stertvin reik. Die volwassenes is donkerblou aan die bokant en silwerwit aan die onderkant. Die dorsale vin kan 'n kol of kolletjies op hê en die vis word tot 46 cm groot.

Habitat

Die vis verkies water wat tussen 15 - 20 °C is.

Sien ook

Bron

  • Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7

Eksterne skakel

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.