Kleinjagarend
Die Kleinjagarend (Hieraaetus ayresii) is 'n klein en lewendige arend. Die voël is 'n seldsame broeiende standvoël in die noorde van Suidelike Afrika en nie-broeiend verder suid. Hier kom hulle gewoonlik in die nasomer voor. In Engels staan die voël bekend as die Ayres' Hawk-eagle.
Kleinjagarend | |
---|---|
![]() | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Hieraaetus |
Spesie: | H. ayresii |
Binomiale naam | |
Hieraaetus ayresii (Geoffroy Saint-Hilaire I, 1835) | |
![]() | |
Verspreidings area |
Identifikasie
Die voël word 45 tot 58 cm groot en weeg 650 tot 1100g. Sy vlerkspan is 1.2m. Die volwasse voël is óf wit aan die onderkant en óf effens gespikkel of donker en dig gespikkel. Die vlerke is van onder dig dwarsgestreep.
Die arend leef in beboste streke, beboste koppies en in bloekomplantasies.
Sien ook
Bronne
- Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011. ISBN 978-1-77007-926-7
- Newman se Voëls van Suider-Afrika, Struik Nature, Gedenkuitgawe 2010, ISBN 978-1-77007-877-2
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.