Kleingroendoring

Die Kleingroendoring (Balanites pedicellaris) is 'n skaars boom wat in droë bosveld en op die brakkerige vloedvlakte van die Sabierivier en die Limpopovallei noordoos van Punda Maria groei. Die boom se blare is liggroen en fluweelagtig en die dorings is groot en ongevurk.

Kleingroendoring
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(geen rang):
(geen rang):
(geen rang):
Orde:
Zygophyllales
Familie:
Genus:
Spesie:
B. pedicellaris
Binomiale naam
Balanites pedicellaris
Mildbr. & Schltr., 1913

Die boom is ook inheems aan Botswana, Eswatini, Ethiopië, Jemen, Kenia, Malawi, Mosambiek, Somalië, Tanzanië, Uganda en Zimbabwe.

Die boom se FSA-nommer is 252.[1][2]

Daar is twee subspesies:

  • Balanites pedicellaris subsp. pedicellaris
  • Balanites pedicellaris subsp. somalensis (Mildbr. & Schltr.) Sands

Sien ook

Verwysings

  1. https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
  2. Van Wyk, Piet (2008). Field guide to the TREES of the Kruger National Park. Kaapstad: Struik. ISBN 978-1-77007-759-1.

Bronne

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.