Kleinglansspreeu
Die kleinglansspreeu (Lamprotornis nitens) is 'n spreeu in die familie Sturnidae. Dit kom voor in Angola, Botswana, Republiek Kongo, Gabon, Lesotho, Mosambiek, Namibië, Suid-Afrika, Eswatini, Zambië, en Zimbabwe. In Engels staan dit bekend as die Cape starling of red-shouldered glossy-starling.
Kleinglansspreeu | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Lamprotornis |
Spesie: | L. nitens |
Binomiale naam | |
Lamprotornis nitens (Linnaeus, 1766) | |
Verspreiding van Lamprotornis nitens |
Identifikasie
Die kleinglansspreeu is gewoonlik so 25 cm groot en weeg tussen 65 tot 112 g. Dit is 'n relatief groot glansspreeu met 'n kort stert wat van die ander blouoorspreeus verskil deurdat dit 'n uniforme glansgroen kop sonder donkerblou oordekvere het, plus 'n rooibrons skouerplekkie en glansgroen pens en sye (geen blou of magenta op sye nie). Dit is groter as die swartpensglansspreeu met heelwat helderder, glansender vere, en die pens is glansgroen en nie 'n vaal swart nie. Die jong voël is valer en het strooigeel (nie helder oranjegeel nie) oë.
Habitat
Die kleinglansspreeu woon in savanne, gemengde bosgebied en tuine. Dit kom gereeld in heelwat dorre gebiede voor.
Galery
- 'n Jong en volwasse voël in die Krugerwildtuin
- In die suidelike Krugerwildtuin
- Kleinglansspreeu in Etoshawildtuin, Namibië
Sien ook
Bronnelys
- Sinclair et al, Birds of southern Africa. Struik Nature, 2011. ISBN 978 1 77007 927 4
Wikimedia Commons bevat media in verband met Lamprotornis nitens. |