Kleinbloureier
Die kleinbloureier (Egretta caerulea) is seldsame swerwer wat in sentraal- en Suid-Amerika oorwinter. Dit is nog net 4 keer opgeteken aan die weskus naby Kaapstad. In Engels staan die voël bekend as die Little Blue Heron.
Kleinbloureier | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Egretta |
Spesie: | E. caerulea |
Binomiale naam | |
Egretta caerulea (Linnaeus, 1758) | |
Die verspreiding van die kleinbloureier in Suider-Afrika |
Identifikasie
Die reier is middelgroot. Die snawel is liggrys met 'n swart punt terwyl die bene en bene groengrys is. Die volwasse voël is blougrys en die kop en nek is donkerder met 'n pers skakering. Die jong voël is wit en word maklik met die kleinwitreier verwar; dit het geelgroen bene en 'n duidelike tweekleursnawel. Die onvolwasse voël het grys vere plek-plek en lyk gevlek.
Sien ook
Bron
- Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011. ISBN 978-1-77007-928-1
Verwysings
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.