Klein onderneming
'n Klein onderneming is 'n onderneming wat onafhanklik besit en beheer word deur die eienaar wat die onderneming bestuur en wat net 'n paar mense in diens het. Sterk entrepreneursinvloed is teenwoordig weens die tekort aan andere moontlike invloede wat normaalweg in groter ondernemings teenwoordig sou wees, en gevolglik het die eienaar ook baie meer beheer oor die onderneming en die rigting wat dit inslaan. In teenstelling met algemene denke kan maatskappye ook as klein ondernemings geklassifiseer word.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.